Video: Elsa Winckler, Sonja Goldberg gesels oor ‘Leef jou nuwe lied’

Elsa Winckler, Elsa Goldberg

Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en jou lewenslied se deuntjie afgewater en flou. Leef jou nuwe lied is ʼn uitnodiging van bekende skrywer Elsa Winckler en haar sussie Elsa Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader sʼn. Ontdek ʼn nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet wanneer jou lied opraak, Hy daar sal wees vir jou en ʼn nuwe lied sal gee wat jou in staat stel om vreesloos en in liefde te leef.

Winckler is ʼn gewilde en bekroonde skrywer van inspirerende liefdesverhale. Sy het al vier ATKV-Woordveertjies gewen. Winckler woon op Bettysbaai, is getroud met Theo en het drie kinders en vier kleinkinders.

Goldberg is in Upington gebore en het haar matriekjaar daar voltooi. Sy is tans departementshoof by die Paarl-skool vir leerders met fisieke en neuraalgestremdhede. Goldberg skryf al van 2016 af oordenkings wat gereeld op verskeie radiostasies uitgesaai word. Sy het drie volwasse kinders en drie kleinkinders. Goldberg en haar man, Eddie, woon in Brackenfell, Kaapstad. 

Leef jou nuwe lied het pas by Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskyn en dit kos R230 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Amore Bekker het met Elsa Winckler en Sonja Goldberg oor hulle dagstukkieboek gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.