Video: Etienne Fourie gesels oor ‘Man in die maan’

Etienne Fourie 

Sedert die dag toe die maan deur ʼn asteroïed getref is, weet almal dat dit onafwendbaar is: dit is die begin van die Einde. Maar niemand weet presies wanneer die wêreld gaan eindig nie. Afgesien van Elias Winter en sy gemeente wat in poeierblou klede by die meer bymekaarkom en wag op tekens van die eindtyd, twee jongmense wat halsoorkop wil trou, en die heldersiende 14-jarige Hennie wat snags rondloop, gaan die lewe op Dennehoop eintlik ongesteurd voort.

Maar dan verdwyn Stegman, die opdringerige makelaar wat alewig versekering aan almal probeer verkwansel, spoorloos. En terwyl kaptein Emma Rosely die gerugte oor ʼn reeksmoordenaar probeer aanpak, kom sy agter dat die inwoners van Dennehoop ʼn klomp geheime vir mekaar wegsteek.

Met Man in die maan maak Etienne Fourie sy debuut as skrywer. Fourie is ʼn visuele kunstenaar en bekroonde draaiboekskrywer en regisseur in Kaapstad. Hy is onder meer bekend vir films soos Die windpomp (2014), (2016), Liewe Kersfeesvader (2017) en Stiekyt (2021). In 2019 maak hy sy debuut as regisseur vir ʼn TV-reeks, Tydelik terminaal, en ʼn toneelstuk, Nagskofkliek.

Man in die maan het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R280 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Jaco Jacobs het met Etienne Fourie oor sy debuutroman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET ETIENNE FOURIE

Man in die maan – Etienne Fourie in gesprek met Jaco JacobsSedert die dag toe die maan deur 'n asteroïde getref is, weet almal dat dit onafwendbaar is: dis die begin van die Einde. Tog gaan die lewe op Dennehoop eintlik ongesteurd voort. Maar dan verdwyn Stegman, die makelaar wat alewig versekering aan almal probeer verkwansel, spoorloos. En terwyl Kaptein Emma Rosely die saak ondersoek, kom sy agter dat die inwoners van Dennehoop 'n klomp geheime vir mekaar wegsteek.https://www.graffitiboeke.co.za/af/379367/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Tuesday, September 7, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.