Kobus Galloway, befaamde strokiesprentkunstenaar van Idees Vol Vrees, het onlangs by Maroela Media kom kuier om te gesels oor sy werk, die Kaap en ʼn nuwe boek.
Galloway, wat bekend is vir sy komiese uitbeeldings van alledaagse gebeure, sê hy is ná sy vierde Idees Vol Vrees-boek genader om iets anders aan te pak. Die nuwe boek, Where’s Zuma?, spog met dieselfde humor, maar met verskeie strokiesprente waarin daar na die president gesoek kan word. Die boek sorg vir veelvoudige komiese oomblikke en dubbelsinnighede.
Kobus en sy vrou woon deesdae in die Kaap waar hy voltyds fokus op Idees Vol Vrees en sy maatskappy Komedie Media.
Kyk hier na die video om te hoor waar sy idees vandaan kom, waarom sy idees vol vrees is en watter ander planne hy in die mou voer.
Kyk die video hier onder.
MAL oor idees vol vrees. SLIM humor!
lol hoe lekker lag ek sommer nou vir die simple grappie..