Video: Ina Bonnette gesels oor genade, oorwinning

Ina, ʼn verhaal van genade en genesing is die merkwaardige verhaal van ʼn oorwinnaar, ʼn vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers.

Kotzé het immers gesê: ‘Moenie dink as iemand hier opdaag, dis mense wat jou gaan help nie. Dis jou volgende aanvallers.’ Ek het my oë toegehou en erg benoud geword van vrees. Die volgende waarvan ek bewus was, was ʼn stem wat vra: ‘Ina, is jy oukei?’”

Ina Bonnette moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Dít is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelik genesing.

Bonnette is in Rustenburg gebore en het in ʼn liefdevolle huis grootgeword. Sy het ʼn suksesvolle loopbaan en spreek gereeld vroue toe oor wat met haar gebeur het en hoe om die vroeë tekens van manipulasie en aggressie te identifiseer.

Ina, ʼn verhaal van genade en genesing het pas by Penguin Random House verskyn en dit kos R250 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop. Jy kan hier ook ʼn uittreksel lees, wat goedgunstig deur Lapa Uitgewers, ʼn druknaam van Penguin Random House, verskaf is.

Bertha Wahl het met Ina Bonnette gesels oor haar verhaal van genade en genesing. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit wat met haar gebeur het is vreeslik maar los dit agter en beweeg aan om die gebeure oor en oor te beleef net om in huisgenoot te wees is nie ‘n gesonde ding nie.

AmY ·

Baie sterkte vorentoe. Hoop ek is eendag bevoorreg genoeg om jou te kan ontmoet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.