Video: Irma Venter gesels oor ‘Minder as niks’

Irma Venter 

Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.

Hoe kan sy nee sê? Dit is ʼn uitstekende storie. En as ʼn voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor en om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is …

Minder as niks is deur Irma Venter geskryf. Venter is ʼn joernalis by ʼn mediamaatskappy in Johannesburg. Sy het in 2012 die Siemens Profile-toekenning vir haar skryfwerk oor wetenskap en tegnologie ontvang. Sy het ook die ATKV-woordveertjie vir ʼn spanningsverhaal ontvang vir Skoenlapper. Die ander romans in die reeks, Skrapnel (2013), Sondebok (2014), Skarlaken (2015), Sirkus (2017), Sondag (2018) en Sewe-en-veertig (2019) is almal blitsverkopers. Sy is die eerste Suid-Afrikaanse skrywer wat internasionaal uitgegee is deur Amazon Crossing.

Minder as niks het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R290 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Phyllis Green het met Irma Venter oor haar spanningsroman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.