Video: Is daar ʼn alternatief tot demokrasie?

Ernst Roet en Flip Buys bespreek die boek ‘Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur’. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

Die positiewe en negatiewe aspekte van demokrasie, die mislukte toepassing van die Britse demokratiese stelsel in Afrika én die alternatief daarvoor kom onder die loep in hierdie gesprek tussen Flip Buys van die Solidariteit Beweging en Ernst Roets van AfriForum.

“Konflik ontstaan wanneer mense oor jou besluit en teen jou regeer. Dit is wat in meerderheidsbedelings gebeur,” luidens Buys. Is daar dan alternatiewe vir heterogene samelewings? Buys gee meer inligting hieroor in vandag se video-gesprek.

  • Maroela Media plaas elke Vrydag en Woensdag een van ʼn reeks van vyf video-onderhoude waarin Buys en Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié sake word volledig in Buys se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, uiteengesit. Die pad na selfbestuur word deur Kraal Uitgewers uitgegee en is hier beskikbaar teen R300.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Boeke, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dieter ·

Demokrasie bied jou die geleentheid om elke paar jaar ‘n nuwe diktator te kies.

John ·

Presies, Dieter! Die demokrate in die VSA en hul megafoon CNN, lewer weer eens bewys dat demokrasie nie werk nie. Geen ander party buiten die demokrate mag oor die land regeer nie.

Hendrik ·

O lyk my S-selfbeskikking woord is net so taboo soos die K en die H woord. Ai…. dit pas nou ongelukking net nie in by die selfbestuur en kerndorpe beleid waarvan ek ‘n ondersteuner is . Selfbeskikking word onder artikel 235 van die grondwet omskryf en ek sien kerndorpe en selfbestuur as die pad na selfbeskikking. Lyk julle snoer maar mense wat al deel is van selfbestuur (Kleinfontein en Orania) en julle wil net nie te groot golwe maak (rugstyf maak) ander sal die demokrasie skade ly. So is julle besig om julle getroudse ondersteuner se vryspraak ten koste van kla kouse , met geen oplossings, te onderdruk. Lekker man!

Mario ·

Ai die klein twak wat die eersteminister van Kanada is het weer ingekom na die Oktober verkiesing. Al is ons n demokrasie en die meerderheid Kanadese teen Trudeu gestem het maar agv van die manupilasie van kiesafdelings sit ons weer vir 4 jaar met hom tensy daar iets gedoen kan word teen n minderheids regering.
Dink 2 keer nou as jy Kanada toe wil emigreer. Dit is ook besig om n derde wereld land te word teen die tempo wat daar droog gemaak word deur die leiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.