Video: Jaco Fouché gesels oor ‘Simoelégri’

Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ʼn kerk, in ʼn stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ʼn mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte ʼn konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld. In Simoelégri sak die strukture stadig inmekaar.

Jacobus (Jaco) Phillipus Fouché is op 29 November 1967 in Klerksdorp gebore. Hy matrikuleer in 1985 aan die Hoërskool Hermanus. Sy eerste skryfwerk in die vorm van koerantberigte verskyn in die Hermanus Times. Fouché het later ʼn kursus in joernalistiek aan die Kaapse Technikon voltooi en toe as programmeerder begin werk.

Fouché se verblyf in Londen was die inspirasie vir sy debuutroman Die ryk van die rawe, wat in 1996 verskyn het. Dié boek is met die Eugène Marais-prys bekroon, en dit was ook ’n finalis vir die M-Net-prys in 1997.

Daarna verskyn verskeie romans uit Fouché se pen. Verstevlei het die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2012, en Aanspreeklikheid was naaswenner in 2018. Met Simoelégri verower hy in 2021 die eerste prys in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd.

Simoelégri het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R260 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Juliana Coetzer het met Jaco Fouché oor sy distopiese roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET JACO FOUCE

Simoelégri – Jaco Fouché in gesprek met Juliana CoetzerLady Die het huisvesting gevind in die ruïne van 'n kerk, in 'n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog 'n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld.Aangrypend. 'n Hoogpunte in Fouché se oeuvre.https://www.graffitiboeke.co.za/af/378307/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Thursday, July 29, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.