Tafelberg Uitgewers
‘n Paar pragtige kinderboeke met lieflike illustrasies het vanjaar die lig gesien, insluitend Jakkals en Wolf deur Pieter W Grobbelaar, met illustrasies deur Sean Verster, Mankepank en ander verse deur Antjie Krog, met illustrasies deur Diek Grobler en Speurhond Willem en die wilddiewe deur Elizabeth Wasserman, met illustrasies deur Chris Venter.
In die video hieronder lééf dié illustrasies: Sean Verster wys hoe hy sy tekeninge maak en ‘n animasie van Diek Grobler se prentjies speel op die maat van ‘n gedig uit Mankepank. Kyk die video:
http://youtu.be/B5HphlLeOwA