Video: Jan van Tonder gesels oor ‘Grootgeluk’

Jan van Tonder

Tijs Velaat is op die plaas Grootgeluk in die Oudtshoorn-distrik gebore. Hy en sy mame woon naby die Schoemans se opstal, so naby dat Tijs snags die werfhonde kan hoor snork. Hy is getuie van als wat reg én verkeerd loop op die werf.

Miskien as Tijs nooit die skilpad op sy dop gekeer het nie, kon dinge anders verloop het. Hierdie historiese roman speel van die 1850’s tot 1914 af, en die landskap is die Klein-Karoo, hartskontrei van die skrywer.

Jan van Tonder is die skrywer van Grootgeluk wat pas by NB-Uitgewers verskyn het.  Van Tonder het in 1983 met die roman Wit vis gedebuteer. Hierna volg kortverhale, Aandenking vir ʼn vry man (1984), en die roman Is Sagie (1987). Die kind het in 1990 die ATKV-prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy roman Roepman is vir verskeie literêre pryse benoem en is ook verfilm.

Grootgeluk kos R320 (prys onderworpe aan verandering) en lesers kan hier klik om die boek aanlyn te koop.

Elsabé Brits het met Jan van Tonder oor sy historiese roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.