[Video] Jy kan ʼn verskil maak!

CARIKA-BYBEL-004-9453-002.jpg

Carika Keuzenkamp (foto verskaf)

[promosie]

Die toekoms lê in die hande van ons kinders en kleinkinders. Dus, die eerste prioriteit is om hulle lief te hê, te versorg en hulle die regte waardes te leer.

Natuurlik is daar verskeie maniere om ʼn kind te versorg. Ongelukkig is daar baie kinders wat met ʼn agterstand grootword weens verskeie maatskaplike en finansiële uitdagings. Finesse-tydskrif wil graag help om ʼn verskil te maak in van dié kinders, vir wie dit nie altyd maklik is nie, se lewe.

In samewerking met Helpende Hand se skooltassieprojek gaan daar gepoog word om in elke tassie nie net die basiese skoolbenodigdhede te plaas nie, maar om ook vir elke kind ʼn eie Bybel te gee.

Dus, die doelwit is om te help om die kinders op geestelike vlak te versorg.

Die immergewilde Carike Keuzenkamp is nie net ʼn geliefde sangeres nie, maar ook ʼn ouma met ʼn groot liefde vir kinders. Sy het haar volle steun aan die projek gegee. Gaan kyk gerus die video hier onder waar Carike vertel hoekom die projek so belangrik is.

Hoe kan jy help om ʼn verskil te maak?

Deur slegs R100 te skenk, stel jy ʼn kind in staat om sy eie Bybelstorieboek te ontvang saam met ʼn splinternuwe skooltassie propvol skryfbehoeftes. Finesse-tydskrif daag nie net individue uit om by te dra nie, maar ook besighede.

SMS “Finesse + jou naam óf besigheid se naam + bedrag” na 33282.

 52-Mooiste-Bybelstories_voor-768x1152-2.jpg

“52 mooiste Bybelstories” uitgegee deur Carpe Diem Media

Meer oor die 52 Mooiste Bybelstories deur Jaco Thom

Die 52 mooiste Bybelstories is ’n interaktiewe Bybeldagboek vir kinders. Jaco Thom het 52 stories gekies en dit in ’n lekker maklike storieformaat oorgeskryf sodat kinders dit kan verstaan én terselfdertyd ’n liefde vir Jesus kweek.

Die stories is eenvoudig en maklik geskryf sodat kleintjies dit kan verstaan. Elke storie het ’n prentjie wat die storie uitbeeld, maar wat ook ingekleur kan word wanneer die storie klaar gelees is. Daar is ook ekstra prentjies ingesluit om in te kleur en aktiwiteite om te voltooi.

Op hierdie informele manier leer die kinders nie net om te luister nie, maar gebruik ook hulle ander sintuie om die inligting en feite vas te lê. Hulle kry nou die kans om die boek hulle eie te maak en ook die emosionele belewenis vas te vang wat hulle met elke storie ervaar.

52 Mooiste Bybelstories word uitgegee deur Carpe Diem Media

Besoek ook gerus Helpende Hand om meer te wete te kom oor die skooltassieprojek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boer ·

Baie goeie gebaar en iedee maar so verkeerd, daar is geen stories in die Bybel nie, net ware gebeure.
Kinders moet die Bybel leer ken kaar ook leer om te onderskei tussen fiksie en feite, as jy vir n kind vertel hierdie is n storie dan glo hy dit is n storie soos bollie en hy stel wonderwerke uit die Bybel gelyk aan Harry Potter se toordery.

Ons is besig om ons kinders verkeerd te leer en dit is ons skuld dat Christenskap tot nuut gaan, en dit is ons skuld dat die kinders minder glo en dat hulle grote vraagtekens oor die Bybel hang.

Lees vir jou kind eerder uit jou Bybel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.