Video: Marco Botha gesels oor ‘Die Spore van Gert Saggiestrap’

Marco Botha 

ʼn Naam is nie net ʼn roepding nie. Dit is ʼn ding wat jóú roep. Só het oom Dahm vir Gert Saggiestrap terug lewe toe probeer bearbei. Toe reeds 14 jaar sy spoor byster in die oer-rivierlope van die ua pukiro in die Omaheke. Nes sy pa met die goeie hart en sy ma met die stukkende verlede was hy ʼn boesmankind van die Nuwe Tyd waarin inkommers om en oor die boesmans kom grenspale slaan het. Vir die ellende van hierdie gestroopte bestaan was Gert nie geoormerk nie. Maar toe kom Goeie Vrydag van sy 15de jaar. Die geeste van die dode het vir die eerste keer om hom kom draal. Dié lei hom terug op ’n donker pad wat met die spore van sy oudste voorsate langs loop: na wat dit beteken om ʼn boesman te wees met sand-ankers in jou herkoms en ʼn hand op die hefbome van die toekoms. Gert Saggiestrap loop soek sy hart, vat sy naam en vind daarin opgesluit sy groot gawe.

Die Spore van Gert Saggiestrap is ʼn greep uit die hedendaagse bestaan van ʼn groepie Ju/’hoansi uit die Omahekestreek, ʼn noordwestelike uithoek van die Namibiese Kalahari. Dit is ʼn sensitiewe, outentieke verhaal vol pyn, ontheemdheid en vertwyfeling, maar ook triomf en diepe blydskap en hoop.

Marco Botha, skrywer van Die Spore van Gert Saggiestrap, is ʼn gewese sportskrywer, bylaagredakteur en mede-uitgewer by Die Burger, Beeld, Rapport en 24.com. Botha werk tans as ʼn TV-rugbykommentator en kommunikasiebestuurder. Hy is ʼn meestersgraadstudent in bestuur aan Harvard-universiteit. Botha se eerste biografiese sportleierskapboek het in 2013 verskyn, en Die Spore van Gert Saggiestrap is sy eerste roman. Hy en sy gesin woon in Boston, Kaapstad.

Die Spore van Gert Saggiestrap het pas by Flyleaf Uitgewers verskyn en dit kos R300 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Bun Booyens het met Marco Botha oor sy debuutroman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Strandloper ·

Sjoe, hoe hol my gedagtes nou terug na klein tyd, van sand, klippe en die reuk van die eie soortige bossies as die skoolbus Opuwo se vlakte binne storm na n lange maand in die koshuis op Outjo.

Die bossie reuk van tuis wees het ek nog nooit erens anders raak geloop nie en weet tot vandag nie wat dit is nie tog hang dit nog vars in my neus.

Daai boek moet ek kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.