Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor.
Kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, het nog nooit iets so gewetenloos teëgekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan? Die Fiskale se forensiese speurwerk lewer geen leidrade op nie, en met elke grumoord word die moordenaar slinkser.
Roofdier is ʼn senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – ʼn skrywer wat die bloederige donker onder ʼn blink oppervlak blootlê.
Lotz het ʼn BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Noord-Sotho en ʼn honneursgraad in toegepaste linguistiek, met spesialisering in vertaling, behaal. Sy het van 1992 as vertaler by Beeld in Johannesburg gewerk en was daarna vir twee dekades as redigeerder en redakteur by verskeie instansies betrokke. Lotz is tans ʼn redigeerder van mediese en regsverslae by ʼn sielkundige praktyk in Pretoria.
Roofdier het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R290 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.
Susan Booyens het met Marie Lotz oor haar debuutroman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:
- Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.