Video: Marie Lotz gesels oor ‘Roofdier’

Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor.

Kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, het nog nooit iets so gewetenloos teëgekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan? Die Fiskale se forensiese speurwerk lewer geen leidrade op nie, en met elke grumoord word die moordenaar slinkser.

Roofdier is ʼn senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – ʼn skrywer wat die bloederige donker onder ʼn blink oppervlak blootlê.

Lotz het ʼn BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Noord-Sotho en ʼn honneursgraad in toegepaste linguistiek, met spesialisering in vertaling, behaal. Sy het van 1992 as vertaler by Beeld in Johannesburg gewerk en was daarna vir twee dekades as redigeerder en redakteur by verskeie instansies betrokke. Lotz is tans ʼn redigeerder van mediese en regsverslae by ʼn sielkundige praktyk in Pretoria.

Roofdier het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R290 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Susan Booyens het met Marie Lotz oor haar debuutroman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET MARIE LOTZ

Roofdier – Marie Lotz in gesprek met Susan BooyensVyf sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor.Kaptein Alek Strauss, lid van 'n spesiale ondersoekspan, het nog nooit iets so gewetenloos teëgekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan? 'n Senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – 'n skrywer wat die bloederige donker onder 'n blink oppervlak blootlê.https://www.graffitiboeke.co.za/af/378304/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Thursday, July 22, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.