Video: Marita van der Vyver gesels oor ‘Die mooiste sprokies van Grimm’

Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen. Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ʼn persoonlike keur saam van 40 van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos “Rooikappie”, “Die wolf en die sewe bokkies”, “Die musikante van Bremen”, “Klein Duimpie’, “Die Paddaprins”, “Raponsie” en ‘Sneeuwitjie”, asook minder bekende sprokies soos “Die ganswagtertjie”, “Beervel” en “Die goue voël”.

Van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf ʼn sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ʼn heeltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos Dis koue kos, skat, Die dinge van ʼn kind en Griet kom weer.

Die sprokies van Grimm het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R360 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Cintaine Schutte het met Marita van der Vyver oor dié versamelbundel gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET MARITA VAN DER VYVER

Die mooiste sprokies van Grimm – Marita van der Vyver in gesprek met Cintaine SchutteMarita van der Vyver stel in hierdie pragbundel 'n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie en Klein Duimpie asook minder bekende sprokies soos Die goue voël en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan 'n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower.https://www.graffitiboeke.co.za/af/378278/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Thursday, August 5, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.