Video: Nicole Jaekel Strauss gesels oor ‘Om alleen te gaan’

Nicole Jaekel Strauss

Om alleen te gaan is die verhaal van Cato van Johannesburg, wat in haar middeljare ná ʼn ernstige verlies op ʼn hartsreis na die Nyl gaan. Op haar tog word sy van ʼn Egiptiese artefak vergesel, wat trouens een rede vir die reis is – dié antieke klein klipskilpadjie moet huis kry.

Vroeg in haar Nylbesoek ontmoet sy vir Da’oud, ʼn jong Koptiese Egiptenaar op ʼn eie lewensveranderende sending. Sy familie is intens geraak, oor etlike generasies, deur sosio-politieke onrus en ongeregtigheid, met 2011 se onlus op die Tahrir-plein as onlangse laagtepunt.

Op hul bootvaart op die Nyl ontmoet dié twee ietwat ongemaklike vriende ʼn bonte verskeidenheid van soekers en swerwers, en die terugkeer van die skilpad-artefak na sy plek van heenkome word ʼn simbool vir die afleggings en tot-rus-kom wat Cato en jong Da’oud, op sy eie, verskriklike manier, moet deurmaak –  elkeen alleen.

Nicole Jaekel Strauss ontvang in 2009 haar meestersgraad in kreatiewe skryfwerk  met lof. Haar debuut-kortverhaalbundel, Maal (2010), het die Eugène Maraisprys en die UJ-debuutprys (2011) gewen. Strauss se tweede kortverhaalbundel, As in die mond (2017), was op die kortlys vir die WA Hofmeyr-prys en is bekroon met die Jan Rabie-Rapportprys. Sy woon in Kaapstad.

Om alleen te gaan het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R280 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Phyllis Green het met Nicole Jaekel Strauss oor haar roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET NICOLE JAEKEL STRAUSS

Om alleen te gaan – Nicole Jaekel Strauss in gesprek met Phyllis GreenCato ontmoet Da'oud, 'n jong Egiptenaar, tydens 'n bootvaart op die Nyl. Sy familie is intens geraak deur sosio-politieke onrus en ongeregtigheid, met 2011 se onlus op die Tahrir-plein as laagtepunt. Op hul bootvaart ontmoet dié twee 'n bonte verskeidenheid soekers en swerwers, wat almal afleggings en tot-rus-kom moet deurmaak – elkeen alleen.https://www.graffitiboeke.co.za/af/379403/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Tuesday, September 14, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.