Video: Riekert Botha, Milanie Vosloo gesels oor hul dagstukkieboeke

Is jy op soek na vrede? ʼn Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?

Riekert Botha se raad in Wees oor niks besorg nie om ons woeste wêreld te navigeer is reguit: Fokus op Jesus. Wanneer jou hele lewe op Hom gefokus is, word jou visie helder, jou prioriteite duidelik en onmoontlike situasies hanteerbaar. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm.

Wees oor niks besorg nie bevat 366 dagstukkies wat jou sal lei om elke dag daarop te fokus om Jesus, jou Verlosser, beter te leer ken. Die boek het pas by Cum Uitgewers verskyn, en kos R249 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na ’n plek waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms?

In Milanie Vosloo se jongste dagstukkieboek Krag vir elke dag bemoedig sy vroue deur hulle daaraan te herinner dat God die enigste Bron is wat hulle volkome kan versterk. Vosloo wéét dat die lewe soms elke druppel energie uit ‘n vrou tap.

Die 366 bemoedigende dagstukkies bevat elk ’n Skrifaanhaling, oordenking en kort gebed. Krag vir elke dag het pas by Cum Uitgewers verskyn, en kos R249 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Milanie Vosloo en Riekert Botha het elkeen oor hul dagstukkieboeke gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.