Video: Rina Venter in gesprek met Flip Buys

rina-venter-en-flip-buys

Dr. Rina Venter gesels met Flip Buys van die Solidariteit Beweging. Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

“Daar was wonderlike geleenthede tydens die onderhandelingsproses om ʼn ordentlike grondslag vir die nuwe Suid-Afrika te lê, maar na my oordeel het ons talle van daardie kanse verspeel.”

Só sê dr. Rina Venter in ʼn onderhoud met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Venter sê sy was gekonfronteer met die uitwerking van daardie verspeelde kanse toe sy destyds saam met dr. Danie Langner talle van die witplakkerskampe besoek het wat in Gauteng ontstaan het.

Dit het haar gedwing om weer terug te kyk na die onderhandelingsfase wat op ʼn nuwe bestel in 1994 uitgeloop het. Dit het gelei tot die boek ʼn Stukkie van die legkaart, wat vroeër vanjaar by Stellenbosch se Woordfees bekendgestel is.

Die boek is ʼn outobiografie waarin die 80-jarige skrywer ʼn besonderse blik gee van Suid-Afrikaanse en Afrikaanse geskiedenis net voor en ná die politieke omwentelinge van 1994.

Venter was die eerste en laaste Afrikanervrou wat van 1989 tot 1994 in die Suid-Afrikaanse kabinet gedien het. Sy was minister van gesondheid en welsynsdienste onder oudpres. FW de Klerk.

Kyk hier na die video waarin sy en Buys gesels oor die geskiedenis en wat gedoen kan word om sake reg te stel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Karel Combrinck ·

Hierdie onderhoude is werklik ‘n uitstekende bydrae van Maroela Media. Wat betref die inhoud, die “nuwe” Suid-Afrika is in werklikheid niks nuuts nie, maar inteendeel net oeroue rassisme met ‘n ander velkleur. Die enigste kans op ‘n toekoms vir ons is om op alle gebiede van die lewe selfstandig te wees. ‘n Soort paralelle staat met ander woorde. Dit, of totale vernietiging.

FN ·

Duidelik dat die ANC alle magshefbome totalitêr wil beheer, en nog steeds dink witmense daar is bestaansruimte vir hulle in so ‘n sentrale beheerder bestel?
Weereens verbasend dat net omtrent 7000 vir ‘n eie bestel gestem het.

Stan ·

Baie interesant, wonderlik dat Dr Rina haar mislukkings erken en iets daaroor doen. My nageslag sal lewe met die wete dat humanitêre etiek geseevier het, maar ongelukkig onder die tiraniese voorwensels van ‘n ANC regering wat behep is met sovereiniteit. Ek glo egter dat hierdie beheptheid egter tot hulle en sy mense se ondergang gaan wees, want nêrens in die wêreld was dit al ooit goed vir ‘n land en sy mense nie. Nie eers onder apartheid nie.

aj ·

Onderhandel vanuit ‘n posisie van mag! …. as jy iewers wil kom!

Ekonomiese mag, politieke mag, militêre mag ……?

Herman G ·

Wat FW & Roelf nie besef het nie (of dit besef het, maar nie omgegee nie) is in Afrika, as jy mag verloor, is dit bykans onmoontlik om dit weer te kry.

OWO ·

‘n Baie insiggewende onderhoud.Daar kon duidelik gesien word,dat daar geen bestuursplan teenwoordig was met die oorname van die owerheid na 1994 nie.Ek het dit op ‘n dag tot dag basis waargeneem.Daar is te gou van kundigheid ontslae geraak.’n Westerse bestuurstyl is nie versoenbaar met ‘n Afrika bestuurstyl nie.Die stukture wat bestaan het is geleidelik afgeskaf tot op die grond.Na 25 jaar het niks van ons eertydse eerste wereldse bestuurstelsel oorgebly nie.Die wigte en teenwigte wat belowe is het nooit bestaan nie.Dankie Dr Rina vir u inligting en terugblik op die verlede.

Eddie ·

Ek hoop FW de Klerk en Roelf Meyer kan afskrifte van hierdie boek onder oë kry !

Therese van Schalkwyk ·

Lekker geluister na hierdie bekwame raakvatter!
Bevestiging van wat die meeste van ons vermoed het oor die destydse onderhandelings.
Treffende deel waar vertel word van die 140 klinieke in die plakkerskampe wat met die volle samewerking van die entoesiastiese swart vrouens beplan en gebou is.
Dis die tipe ding wat nóóit die buitelandse nuusmedia gehaal het nie.

James ·

Te min, te laat, Doktor. Jy’s nou 80, en jou kleinkinders pluk die vrugte van julle (die FW kabinet) se sade.

Julle HET geweet. Andries Treurnicht het julle VERTEL.

Maar julle was mos slim.

Nou eet julle nageslag die vruggies.

JAN ·

‘As’ is verbrande hout/ “n Lykskouing is baie interessant leersaam tov die toekoms.
Om die foute van die verlede nie te herhaal nie.
Maaar dis dogmaties geweldig gevaarlik vir Bybelgelowiges want dit is soos Satanisme werk. Dink aan Jobstroosters en die verleiding van Jesus as voorbeelde. Altyd sadisties harteloos liefdeloos wreed gedweteloos .
Die Duiwel verwag dat mens van klippe pleks van brood kan lewe en skuldig is aan jou eie ellende. Tipies halwe waarhede dislekties en dialekties.
Basies beskou die sataniste dat ‘n goeie Christen moet ly. Daarom word hulle gekruisig en vir roof diere gevoer. In Angola lewend op miershope vasgemaak….
Klink dit bekend?
Maar dr Rina is ook maar net ‘n slagoffer dink ek.

Arendoog ·

Haar eie man Dr Hennie het haar ook gewaarsku dat die fout van Piet Retief nie herhaal moet word nie.

Hans ·

Daarom dat Konstand Viljoen die 23 April 1994 Akkoord met die Anc en Mbeki, namens wit Afrikaners onderhandel het.
Tog is hierdie Akkoord vir wit Afrikaner Selfbeskikking net nog ‘n historiese dokument, waaraan niemand hul steur nie.

FN ·

Die ANC WIL die wit Afrikaanse (spesifiek) onderdruk / uitmergel en tot niet maak, daarom sal die persone met die mag in die hand nie daaraan aandag gee.
(Glo my nie: maak maar ‘n studie van die NDR, ANC handves ens. Lees ook Zille waar sy laas week pertinent genoem het dat die ‘reenboognasie’ basies NET Mandela se idee was, en nie die hoofstroom ANC ondersteuners s’n nie.)

braam ·

Goed om te sien dat die liberaliste wat die land “weggegee” het weer tot hulle sinne kom. So begin Rina Venter en Hellen Zille nou n ander deuntjie sing. Jammer dis ‘n bietjie laat en wys jou net, moet nooit ‘n liberaal glo nie. Hulle glo hulle leef op ‘n ander planeet, volgens Wimpie de Klerk, die sogenaamde verligtes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.