Video: Rolene Strauss gesels oor ‘Herontdek jou selfvertroue’

Rolene Strauss se jongste boek ‘Herontdek jou selfvertroue’ het pas verskyn. (Foto: Rolene Strauss/Facebook)

Rolene Strauss 

Is jy ʼn perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik? Jy is nie alleen nie.

In Herontdek jou selfvertroue: Sewe stappe na ʼn nuwe jy deel Rolene Strauss haar reis en vertel hoe ook sy met selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wêreld-kroon gedra het. Strauss wys ook uiteindelik hoe sy dit reggekry het om ware selfvertroue te ontdek.

Dié boek is ʼn onmisbare gids vir elke vrou wat soms aan haarself twyfel. Strauss se sewe beproefde stappe is vir vroue wat op soek is na die moed om hul drome vreesloos na te jaag.

Herontdek jou selfvertroue het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R290 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Katryn Kruger het met Rolene Strauss oor haar selfhelpgids vir vroue gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.