Video: Rudie van Rensburg gesels oor ‘Hans bars die bioborrel’

Rudie van Rensburg

Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie.

Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ʼn ander manier moet onttroon…

Hans bars die bioborrel is die derde roman in ʼn komiese reeks oor Hans van Kraaienburg en verlosser van Huis Madeliefie se oumense. Dit volg op Hans gee Herklaas horings (2020)en Hans steek die Rubicon oor (2017).

Van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy het sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad begin, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 het hy Kaap toe verhuis. Sy skilderye is plaaslik en oorsee in versamelings opgeneem. Sy romans sluit in Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze.

Hans bars die bioborrel het pas by NB-Uitgewers verskyn, en dit kos R240 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Maryke Roberts het met Rudie van Rensburg oor sy komiese romans gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

absoluutgatvol ·

Ek hoop regtig RSG kan weer ‘n Tobie Cronje voorlesing opneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.