Video: Susan Cilliers gesels oor ‘Die Stella-moorde’

“Maar, Xander, wat het by die koshuis gebeur? Ons weet jy was by die koshuis. Wat het presies gebeur daar? Vertel vir my. Jy kan maar met my gesels, Xander… Praat met my, ou seun, moenie slaap nie. Wat het gebeur by die koshuis? Ek weet jy wil nie daaroor praat nie, maar jy moet. Wat het gebeur by die koshuis, Xander?”

En toe is dit asof die damwal meegee.

Die moord op twee meisies in hul skoolkoshuis vroeg op ʼn wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes getraumatiseer. Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk. Xander Bylsma (19), ʼn boerseun van die omgewing, is aangekla van die wurgmoorde op Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, ʼn skrander donkerkop.

Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende jong mense met die gevolge van ʼn grudaad soos dié? Susan Cilliers, skrywer van Huis van gruwels, skryf indringend oor die vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens wat vernietig is en die moontlikheid van berusting en vergifnis.

Cilliers is sedert 2010 Netwerk24 se verslaggewer in Noordwes. Sy was vroeër ʼn skrywer by Huisgenoot en het ʼn meestersgraad in joernalistiek. Cilliers is ook die skrywer van die topverkoper Huis van gruwels: My 16 jaar in die Springs-hel wat ook in Engels beskikbaar is.

Die Stella-moorde het pas by Lapa Uitgewers, ‘n druknaam van Penguin Random House, verskyn en dit kos R295 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Jana Marx het met Susan Cilliers oor Die Stella-moorde gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET SUSAN CILLIERS

Die Stella-moorde – Susan Cilliers in gesprek met Jana Marx“Maar, Xander, wat het by die koshuis gebeur? Ons weet jy was by die koshuis. Wat het presies gebeur daar? Vertel vir my. Jy kan maar met my gesels, Xander… Praat met my, ou seun, moenie slaap nie. Wat het gebeur by die koshuis? Ek weet jy wil nie daaroor praat nie, maar jy moet. Wat het gebeur by die koshuis, Xander?”En toe is dit asof die damwal meegee.Die moord op twee pragmeisies in hul skoolkoskuis vroeg op 'n wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes onherroeplik getraumatiseer. Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk. Xander Bylsma (19), 'n aantreklike boerseun van die omgewing, is aangekla van die wrede wurgmoorde op die sprankelende Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, 'n skrander donkerkop. Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende en geliefde jong mense met die gevolge van 'n grudaad in 'n gemeenskap van vervlegte lewens? Susan Cilliers, skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels, skryf indringend oor die vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens vernietig in hul fleur en oor die moontlikheid van berusting en vergifnis.https://www.graffitiboeke.co.za/af/a/Soek/0/date_publish%20DESC/Aanlynkuier

Posted by Graffiti Books & Stationery on Tuesday, July 27, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.
  • Lees hier op Maroela Media ‘n uittreksel uit Die Stella-moorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Johanna

Die ouers van die 2 meisies wat vermoor is sal nooit ooit weer n “oomblik” met hulle kinders kan deurbring nie. Waar hierdie jongman se ouers hom kan gaan besoek en met hom oor n foon sal kan.praat. Mens kan net se “Dank God dat jou kind nie die moordenaar was nie”. Dit is onsettend belangrik dat kinders van baie kleins af moet leer dat daar gevolge vir jou Dade is. Jammer maak nie ALLES reg nie, jammer maak nie iemand anders se kind weer lewendig nie. Ek Kan net pleit by Xander se ouers, moenie julle seun soos n… Lees meer »