Video: Wilna Adriaanse gesels oor ‘Vlug’

Wilna Adriaanse is die skrywer van ‘Vlug’. (Skrywersfoto: nb.co.za)

Wilna Adriaanse

Milla Roux is ʼn veearts wat by ʼn rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) werk. Sy het as’t ware daarheen “gevlug” nadat haar man en seuntjie tydens ʼn mislukte motorkaping in Suid-Afrika reg langs haar doodgeskiet is. Milla stort hart en siel in haar werk en probeer om ʼn verskil te maak in die voortbestaan van ʼn spesie waarvan die getalle besig is om drasties te krimp.

Maar spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ʼn gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ʼn gewonde Milla wéér op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense, wat na die DRK gekom het om van sy eie problematiese verlede te probeer ontsnap.

Wilna Adriaanse se Vlug is ʼn boeiende roman, propvol spanning, intrige, en meesleurende karakterverhoudinge, iets waarvoor sy alombekend is.

Vlug het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R320 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Phyllis Green het met Wilna Adriaanse oor haar roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.