Video: Zelda Bezuidenhout gesels oor ‘Die waarde van stil bure’

Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel ná die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ʼn onwaarskynlike vriendskap met ʼn eksentrieke wetenskaplike smee, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ʼn verskil aan ander lewens maak. Maar alles kom teen ʼn prys. En soms is die prys van een mens se lewe ʼn ander mens se dood.

Zelda Bezuidenhout is ʼn skrywer van jeugverhale, kortverhale, radiodramas, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie. Haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom, het in 2019 verskyn. Haar jeugverhaal As mens geluk kon proe is in 2017 as naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie bekroon. In 2019 is sy naaswenner in RSG se radiodramakompetisie met die hoorspel As ʼn kind kom kuier en in 2020 behaal sy en haar medeskrywer Lunéll Kruger die eerste plek in Netwerk24 se luisterdramakompetisie met Koppelkat. Sy woon op Parys in die Vrystaat.

Die waarde van stil bure het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R280 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Sidney Gilroy het met Zelda Bezuidenhout oor haar roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET ZELDA BEZUIDENHOUT

Die waarde van stil bure – Zelda Bezuidenhout in gesprek met Sidney GilroyWanneer Magdaleen 'n onwaarskynlike vriendskap met 'n eksentrieke wetenskaplike smee, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Sy kan haar oorlede tweelingsuster nie terugbring nie, tog kan sy 'n verskil aan ander se lewens maak. Maar als kom teen 'n prys. En soms is die prys van een mens se lewe 'n ander se dood.https://www.graffitiboeke.co.za/af/378609/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Tuesday, August 10, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.