Voorbladnooi

Nelle Dreyer

Dit is die 1970’s. Diskoteke, rytjies wit poeier, suède-sjoebroekies, seksuele vryheid en Italiaanse playboys is deel van die Europese modewêreld. Nelle Dreyer het dit beleef.

Van kleins af het Nelle gedroom van ’n glansryke lewe, soos die mense in die Peter Stuyvesant-advertensies. Sy wou graag deel wees van so ’n opwindende lewe in eksotiese plekke.

As die Maties se sjampanjenooi het sy besef dat sy meer kan bereik met modelwerk as met BA Handel. Deure het vir haar oopgegaan en die Sarie– en Rooi Rose-knipsels in haar portefeulje is vervang deur dié van Vogue en Harper’s Bazaar.

Voorbladnooi vertel hoe dié Afrikaanse meisie van die Kaap die eerste Suid-Afrikaanse model geword het om in Europese glanstydskrifte te verskyn. Sy is een van die min Suid-Afrikaanse modelle wat ’n suksesvolle modelloopbaan van tien jaar gehad het.

Nelle Dreyer vertel op haar eerlike en humoristiese manier hoe sy, te danke aan haar ouers se onkonvensionele opvoeding, die insig gehad het om haar in die onderstebowêreld van mode te handhaaf.

Voorbladmeisie is geskik vir belangstellendes in die modebedryf, asook lesers wat gehou het van Janie du Plessis se biografie: ’n Keuse vir die lewe.

Oor die outeur
Vandag is Nelle Dreyer bekend as mevrou Adamski. Sy is reeds jare lank gelukkig saam met die grafiese ontwerper Bob. Hulle woon in Frankryk.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R185-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.