Voorskoolse werkboek

deur Richard Scarry

Voorskoolse kinders kan hulself lank besig hou met die samesmelting van vier Richard Scarry’s Best Workbooks Ever!  Met 128 bladsye vol prettige lees- en skryfoefeninge, nommer-aktiwiteite, doolweë en prentjies om in te kleur sal die kleintjies meer as genoeg hê om te doen!

Oor die outeur en illustreerder:
Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n wêreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.

Oor die vertaler:
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:
Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)
Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed (M.P. Robertson)
Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)
Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en
Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.