Vyfjarige boekwurm maak self biblioteek oop

Logan Brinson by sy “Logan’s Little Library” (Foto: Skermgreep uit WQAD 8)

Die voordele van toegang tot boeke is alombekend: volgens ʼn studie in 2018 het mense, wat van kleins af aan boeke blootgestel is, ʼn groter leesbegrip en beter wiskundige en digitalekommunikasievaardighede.

Alle kinders het egter nie dié voordeel nie en ʼn vyfjarige inwoner van Alpha in Illinois in die VSA het self die probleem in sy gemeenskap opgelos.

Logan Brinson het ʼn “Little Free Library” in sy ouers se erf oopgemaak, berig WQAD 8.

Hy is baie lief vir lees en tot onlangs was daar geen biblioteek in Alpha nie. Hy en sy gesin het die owerhede in Alpha besoek en voorgestel dat hy met ʼn klein biblioteek begin. In die somer van 2018 het hy sy eerste Logan’s Little Library oopgemaak. Lesers van alle ouderdomme besoek gereeld die Brinson-huis om boeke te leen.

Danksy die suksesse van die eerste biblioteek, het Logan vandeesmaand toestemming gekry om ʼn tweede biblioteek in die dorp se middestad oop te maak. Dié biblioteek sal na verwagting van Mei vanjaar beskikbaar wees.

Intussen verwelkom die gesin boeke van oor die wêreld heen. Jy kan ook ʼn boek na Logan se klein biblioteek stuur.

Stuur dit aan: Logan’s Little Library, PO Box 672, Alpha IL, 61413.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Pragtig seunie maar in SA is selfs ‘n sak vullis nie veilig.

Ann ·

Slim kind!! Jy sal dit nog ver bring!
As Afrikaanse boeke ook aanvaar word, stuur ek vir jou een van my eie boekies wat ek self geskryf het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.