Waar genade dans

Ewald van Rensburg

Paulus se briewe bied baie pitkos wat vir elke gelowige soveel kan beteken op sy geloofspad. Waar genade dans deur Ewald van Rensburg ontsluit hierdie geloofskat vir jongmense, en bied ’n reis van Romeine tot Filemon. In 366 dae fokus hy op kerngedeeltes uit Die Boodskap, en dan volg ’n oordenking wat dit wat Paulus wou oordra, vaslê. Waar genade dans is dus eintlik ’n twee-in-een: eers ’n gedeelte uit ’n brief van Paulus, en dan ’n brief aan die leser.

Waar genade dans is vir jongmense die ideale oorgang na die vaste kos van die geloof waarvan Hebreërs 5 praat.

Oor die outeur
Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familiebediening en is predikant in Somerset-Wes. Hy is ook ’n gewilde en bekroonde skrywer. Ewald is getroud met Beatrix, en hulle het twee kinders.

Uitgewer: CUM
Prys: R199,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.