Waar lees jy jou boeke? Hier is die Lapa-wenner

Die wenner van ʼn R1 000 e-boekgeskenkbewys met die komplimente van Lapa Uitgewers is pas aangewys.

Om in aanmerking te kom vir dié prys, moes jy ʼn foto neem van plekke waar jy ’n e-boek lees.

Marianne de Jager is die gelukkige wenner met haar foto – sommer so op die vloer in die gang, “Los my ek lees!”

Foto: Marianne de Jager

E-boeke is dadelik beskikbaar, neem geen ekstra spasie op nie en kan enige plek in die wêreld afgelaai word! E-boeke is beskikbaar waar ook al en wanneer ook al. Koop jou gunstelingboeke by Lapa Uitgewers

Hier is nog ʼn paar van die inskrywings wat ontvang is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Penellope Jones ·

Ek moet ‘n boek gaan uitsoek in die biblioteek, die kenmerkende boekereuk kry, die boek hanteer en so met die soekery na ‘n boek, ander interessante boeke raakloop.
Vir my is dit ‘n tweeweeklikse, allerheerlikste lekker.
‘n Koue e-boek sal glad nie nie vir my werk nie.

Sewlsearcher ·

E-boeke is gevaarlik! Wanneer ek al lesende aan die slaap raak val ‘n regte egte boek so half ordentlik oor my gesig – nie te hard nie en so amper soos n tentjie oor die neus. Daarteenoor is ‘n e-boek baie onbeskof – dit val met ‘n redelike harde slag plat op my gesig. Slaap word onderbreek en ek is knorrig. Lees in die bad is die ander lekkerte – val n regte egte boek in die skuimbad dan kan ‘n haardroër dit nog red, maar beland e-boek in die water…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.