Waardes vir woelwaters: Gids vir mammas nou beskikbaar

woelwater-2

Foto: Verskaf

Waardes vir woelwaters is ʼn gids vir mammas en juffrouens om speel-speel en lees-lees die regte waardes te kweek. Die gids is deur ʼn deurwinterde arbeidsterapeut ontwikkel en is ʼn inisiatief wat op die been gebring is deur die Dameskring. Dié gids word in die “Juffrou-tas” gesit wat deur Solidariteit Helpende Hand na skole versprei word.

Die gids bevat ʼn Bybelstorie, een of meer ouderdomstoepaslike vertel-stories wat ʼn les ten opsigte van die spesifieke waarde bevat en praktiese aktiwiteite of speletjies om die betrokke waarde vas te lê.

Die dryfveer agter dié projek, meen die Dameskring, is dat volwassenes waardes aan kinders moet oordra.

“Kinders met gesonde, konsekwente waardes is gewoonlik gelukkiger, kan hulself met groter gemak handhaaf en gesonde morele besluite neem. ʼn Sterk karakter met gesonde waardes wat kleintyd al geïnternaliseer is, is van die min dinge wat ʼn kind ʼn leeftyd kan hou en vir hulle gesonde ‘vrug’ bly lewer,” sê die organisasie in ʼn verklaring.

“Waardes bepaal waarvoor ons ons energie gebruik en watter keuses ons maak. Waardes stel ons in staat om ʼn sinvolle lewe te lei. Dit bepaal wat in die groter prentjie van ons lewens vir ons, vir ander en vir die wêreld se toekoms goed is. Waardes voorsien ons van ʼn verbintenis met ʼn hoër Goedheid. Deurleefde waardes is verreweg een van die wonderlikste gawes wat ons as volwassenes vir kinders kan gee. Dit sal hulle in staat stel om in ʼn dikwels korrupte wêreld met oorgawe te leef en aan te pas, deur weldeurdagte keuses te kan maak.”

Die gids is te koop vir R180 by Die Dameskring. Skakel 012 301 1777 of stuur ʼn e-pos na [email protected]. Besoek gerus die Dameskring se webblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.