Paasfees-oordenking: Waaroor gaan Paasfees eintlik?

(Foto: Pisit Heng/Unsplash)

Waaroor gaan Paasfees en hoe raak dit jou? Benescke Janse van Rensburg, skrywer en radio-omroeper, deel ’n praktiese storie wat ons kan help om die kern van Paasfees opnuut te besef.

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word (Johannes 3: 16-17).

In haar kort, motiverende boodskap aan lesers vertel Benescke die storie van Pieter die papiervlieënier. Wanneer Pieter in ʼn vliegongeluk sterf en voor God in die hemel te staan kom, word hy met ʼn paar moeilike vrae gekonfronteer.

Toe God vir hom vra hoekom hy verdien om in die hemel te wees, kon Pieter ʼn rits dinge opnoem, maar toe God vir hom oor sy sonde vrae, kon Pieter nie antwoord nie.

benescke-janse-van-rensburg

Benescke Janse van Rensburg (Foto: RoepTV/Twitter)

God sê toe vir hom: “Onthou net Pieter, jou goeie dade kanselleer nie jou sonde uit nie.” Pieter raak toe al hoe stiller, want hy het in daardie oomblik besef sonde word gestraf met die dood.

Maar omdat God vir Pieter, so ook vir elke ander persoon op aarde, so lief gehad het, was Hy bereid om sy enigste Seun te gee sodat jy nie verlore hoef te gaan nie, maar die ewige lewe kan beërwe.

Luister hier na Benescke se boodskap vir Paasfees:

  • Die video en boodskap word in samewerking met die skrywer aangebied. Dit is deur Charné van der Merwe verfilm en is by Kaapzicht Wynlandgoed in Kaapstad geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.