Wat maak jou gelukkig?

Wat maak jou gelukkig?deur Henk Gous

Hoekom voel dit so dikwels of die belewing van vreugde so vlietend is, soos ʼn skaduwee wat nie vasgevat kan word nie? Wat maak jou gelukkig? bevestig die rede hiervoor: Ons soek na vreugde op die verkeerde plek. Die mens soek geluk in omstandighede – en wanneer ʼn mens op hierdie onbetroubare fondasie bou, is dit net logies dat jou lewensmure sal verkrummel wanneer omstandighede verander. Henk Gous steun op die nuutste navorsing uit veral die sielkunde, Bybelse beloftes en eie ervaring om te wys dat die bron van geluk dieselfde bron is wat iemand geseënd maak: God. In elkeen van die hoofstukke ondersoek Henk die vreugde wat gelowiges deur hul geloof op elke lewensterrein kry. Wat maak jou gelukkig? wil elke Christen help om met meer lewensvreugde te leef.

Oor die outeur?
Henk Gous is leraar van die NG Kerk Quellerina in Roodepoort, Gauteng (voorheen studenteleraar in PUK-Kandelaar in Potchefstroom, en leraar in Vanderbijlpark-Suid). Hy dien op ʼn wye gebied in die NG Kerk as leier, waaronder voorheen Moderator van die Sinode van Wes-Transvaal, Voorsitter van die Algemene Jeugkommissie en ondervoorsitter van die Kuratorium van die Teologiese fakulteit by UP. Naas jeugwerker is pastoraat en prediking fokuspunte in sy bediening. Sy sportsoorte is fietsry en stap, met natuur en avontuur as ander liefhebbery.

Uitgewer: Christelike Uitgewermaatskappy
Prys: R99-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.