Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings

Saamgestel deur Johanna de Wet

Wat praat jy! bevat meer as 20 000 Afrikaanse gesegdes, vaste uitdrukkings en idiome. Hierdie vaste uitdrukkings, gesegdes en idiome word met ’n eenvoudige voorbeeldsin verklaar. Dit word verder toegelig deur aan te dui van watter taal die uitdrukking of woord afkomstig is. C.J. Langenhoven het ’n groot bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat gemaak en De Wet toon ook aan wanneer ’n uitdrukking van hom afkomstig is. Heelwat spreekwoorde is afkomstig van die Bybel. Wat praat jy! is ’n besondere naslaanwerk.

Oor die outeur
Johanna de Wet het ná haar aftrede as onderwyseres in 1996 ’n doktorsgraad in die psigo-pedagogiek behaal. Haar belangstelling in die Afrikaanse taal en geskiedenis het gelei tot die samestelling van ’n aantal boeke, waaronder die kinder-trilogie Dierestories, Heldestories en Afrikastories en Hoopstad se mense onthou met waardevolle herinneringe aan die geskiedenis en karakters van die dorp. Sy woon steeds op Hoopstad waar sy haar aan haar skryfwerk wy.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195,oo*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico Smit ·

Ek probeer om die julle idiome en gesegdes uit te kom maar daar is geen manier nie. Hoe kom n mens daar uit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.