Wat’s nuus?

Riaan Cruywagen

“As ’n mens Afrikaans ’n kwarteeu lank saam met Cruy by die SAUK probeer red het, weet jy dat sy nuusgesig sy indrukwekkende kennis van en liefde vir ons taal versluier. Voeg daarby Riaan se minsame geaardheid, altruïsme, humorsin (veral wat inwoners van Knysna betref), bewese musiektalent, raak gesegdes en heerlike vertellings – en jy popel dat dit nou hier met ander gedeel kan word!”
-Dr. Anton Prinsloo, voormalige hooftaaladviseur: SAUK

“Riaan Cruywagen is die toonbeeld van professionaliteit, lojaliteit aan die Afrikaanse taal en toewyding aan die uitsaaiberoep. Hy beskik oor al die kwaliteite wat ’n mens van ’n uitsaaier en openbare figuur verlang. Stiptelikheid en netheid, respek vir sy werk, asook vir die luisteraar en kyker het van hom die ikoon gemaak wat hy vandag is – onder oud en jonk. Maar wanneer jy weg van die werk af met hom te doen het, is hy ’n regte platjie, baie pittig en vol streke. In hierdie boek sal jy aspekte van Riaan leer ken waarvan jy nie geweet het nie.”
-Magdaleen Kruger, bestuurder: RSG

“Riaan Cruywagen, almal ken hom… ’n gereelde, welkome gas, binnegenooi om die nuus van die dag in sy welluidende, vertroude stem mee te deel. Maar wie hom soos ek ken, besef sy volle waarde: ’n vriend vir ’n leeftyd, vir die langpad, die dik en die dun tye…”
– Martie Pansegrouw, redakteur: rooi rose

“Ná maande se geswoeg voor die rekenaar vra ek my af of ek nie dalk my vierjarige kleinseun, Tiaan, se raad ter harte moes geneem het nie. Toe hy hoor ek skryf ’n boek, vra hy ewe onskuldig: “Oupa, hoekom skryf jy ’n boek? Hoekom gaan koop jy nie een nie?”
-Riaan Cruywagen

Uitgewer: Naledi
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.