Weerlig van die ongeloof

Johann de Lange

Johann de Lange, wat in 2011 die Hertzogprys vir poësie ontvang het vir sy bundel Die algebra van nood (2009), bevestig met hierdie bundel kwatryne sy meesterskap. Die bundel bestaan uit 100 kwatryne wat in ses afdelings verdeel is. Binne die klein bestek van vier reëls kry De Lange dit telkens reg om kort flitse – byna soos weerlig – van betekenis aan die leser oor te dra. Dit is haas onmoontlik om die groot verskeidenheid temas wat in hierdie gedigte aangeraak word, saam te vat. Daar is liefdesverse, verse oor voëls, plante, verwysings na ander skrywers wat wissel van die ou Grieke Theognis en Anakreon tot by Afrikaanse digters soos Joan Hambidge en Sheila Cussons, daar is kort besinnings oor verganklikheid en die tydloosheid van ’n by wat in amber gevang is, verlies en die dood. Bowenal demonstreer die digter hier op verbluffende wyse wat met die digtheid van digterlike taal vermag kan word:

Verstekeling
vir Henning

Dood is die verstekeling
in die ribbes van dié boot
wat ons met elke vaart
deur ongekaarte waters stoot.

Oor die outeur
Johann de Lange het reeds sewe digbundels en twee bundels kortverhale gepubliseer en het as samesteller van vier bundels opgetree. Hy is met die Ingrid Jonker-prys (1983), die Rapport-prys (1988) en die Hertzogprys (2011) bekroon. Hy woon in Kaapstad

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R140,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.