Wen: Boeke vir tieners

Drie gelukkige lesers staan elk die kans om Blits 1: Perlemoendiewe en Blits 2: Operasie Hoërskool te wen! Dié boeke is deur die gewilde ma-en-seun skryfspan, Nadine en Adriaan Blom, geskryf.

In Perlemoendiewe word Hannes Joubert en sy Melkbosmaats betrek by ‘n permeloenstroopsindikaat op hulle dorp. Hannes en Zander lei ‘n sorgelose longboard-lewe van surf en elke Vrydag milkshakes drink by Goofies, waar hulle vriendin Luna ná skool waitress. Zander en Hannes merk een middag ‘n paneelwa sonder nommerplate op.  Hannes se speurinstink skop in en hulle volg die kar tot by die see, waar verdagte mans uitklim met staalmesse en nette. Die volgende oomblik is hulle vasgebind agterin die paneelwa!

In Operasie Hoërskool is Hannes en Zander in Gr 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap onder al die druk van aanpas in die nuwe skool gaan ly. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe ‘n nuwe kind in sy klas hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig is Melkbos die beste plek om te bly en is ‘n goeie surf-sessie medisyne vir amper enigiets wat pla!

Oor die outeurs

Nadine Blom skop haar sangloopbaan in 2003 by die KKNK af, waar sy optree as deel van die vokale groep Cutt Glass. Daarna volg Supercool, ‘n reeks CD’s en DVD’s gemik op die tween-kindermark. Haar mees onlangse CD-vrystelling, “Wiskunde is Supercool” is uitgereik in samewerking met CAMI Education. Nadine verwerf in 2016 ‘n Meestersgraad in Internasionale Reg aan die UJ. Sy toer ook steeds landswyd met Supercool en Die Jaloersbokkies, lg. in samewerking met Taliep Petersen se dogter, Jawaahier Petersen. Nadine is in Mei 2016 deur die Dagbreek Trust as Afrikaanse ambassadeur aangewys en haar projekte word deur die Dagbreek Trust onderskryf en ondersteun. Haar lewensfilosofie is: “Moenie uitstel nie, doen dit nou!” Sy is gek oor baklava en biltong en ma van Adriaan, wat graag ‘n meesterbrein-“hacker” wil wees om internasionale boewe vas te trek.

Koop die boek by Graffiti Boeke

Adriaan Blom is ‘n leerder aan Hoërskool Melkbosstrand. Op twaalfjarige ouderdom neem hy sy pen op en begin ‘n avontuurverhaal vir kinders skryf saam met sy ma, Nadine Blom. Sy eerste liefde is tennis, maar hy geniet ook rekenaarprogrammering en kuier graag met vriende. Dit is sy droom om ‘n “hacker” te word en as deel van ‘n internasionale hacker-weldoenersgroep internasionale misdaad te bekamp en die kuberruim te beveilig vir kinders. As hy nie op die tennisbaan is, social of op Instagram nie, veg hy die vyand in Black Ops voor sy Xbox. Sy worshonde se name is Lilly en Connor en sy gunstelingtydverdrywe is om te longboard deur Melkbosstrand se lane of te chill met ‘n Oreo Krusher in die hand.

Koop die boek by Graffiti Boeke

Kompetisie

Drie lesers kan elk ‘n geskenkpak wen, met die komplimente van NB Uitgewers. In dié geskenkpak is albei boeke (Blits 1 en Blits 2), boonop geteken deur die outeurs. Die kompetisie sluit Vrydag 2 Augustus. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.