Wen: Die lewe is propvol engele

Engele om ons, ʼn joernaal vir kinders en tieners wat deur Wendy Maartens saamgestel is, illustreer op allerlei maniere hoe en waar daar engele in elkeen se lewe teenwoordig is. Hier is ʼn uittreksel wat vir lesers ʼn voorsmakie van die boek se inhoud gee.

***

Wat doen engele?

ENGELE BESKERM ONS:
Engele is die hemel se soldate. Hulle gebruik soms hemelse oorlogswaens. Koning Dawid vertel in die Psalms hoe duisende hemelse oorlogswaens God se woonplek omring (Psalm 68:18). Dink net: ʼn hele weermag om God se kinders te beskerm!

ENGELE BESKERM ALLES WAT GOED EN WAAR IS:
Engele weet hoe gevaarlik leuens is. Hulle weet ook hoe moeilik dit soms vir ons is om die waarheid te praat. Die engele juig elke keer as ons die waarheid kies.

ENGELE IS GEHEIME AGENTE:
Engele is wonderwesens. Al is engele meestal onsigbaar, kan ʼn mens soms voel wanneer hulle naby is. Party mense sê hulle voel veilig en tevrede sonder om te weet waarom.

ENGELE AANBID GOD:
In die laaste boek van die Bybel lees ons engele het rondom God se troon saamgekom om Hom te aanbid: Al die engele het rondom die troon, en ook rondom die ouderlinge en die vier lewende wesens, gestaan. Hulle het toe op hulle gesigte neergeval voor die troon, en God aanbid en gesê: “Amen! Die lof, die heerlikheid en die wysheid, die dank en die eer, die krag en die sterkte kom ons God toe vir ewig en ewig. Amen!” (Openbaring 7:11-12)

ENGELE IS BOODSKAPPERS:
Engele is God se boodskappers. In die Bybel is baie verhale oor hoe engele mense moed inpraat en raadgee. Gewoonlik moet hulle die mense eers kalmeer omdat hulle so groot skrik. Dan sê die engele: “Moenie bang wees nie.”

***

(Foto: Dim Hou/Unsplash)

Oor die boek

Engele om ons is ʼn dagboek en joernaal vir kinders (veral meisies) met plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf. Die boek is ʼn kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer.

Wendy Maartens is die samesteller van die joernaal en haar bydrae word aangevul deur kleurvolle bladuitleg en illustrasies. Die boek word deur Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, uitgegee.

Engele om ons kos R210 (prys onderworpe aan verandering) en dit kan by Graffiti Boeke aangeskaf word.

Skryf nou in

Twee Maroela Media-lesers staan die kans om ʼn eksemplaar van Engele om ons te wen. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Woensdag 8 Maart om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Woensdag 8 Maart om 23:45.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners sal kontak maak.
  • Sodra die wenner gereageer het, sal die persoon se naam op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Lapa Uitgewers, ʼn druknaam van Penguin Random House, hanteer die versending en sal direk met die wenners in verbinding tree.
  • Lesers wat inskryf moet in ʼn Suid-Afrikaanse adres verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.