[Wen] “Ken Jou Storie”-kinderboekskryfkompetisie 2018

Ken jou storie 2018_3.jpg

Foto: pixabay.com

[promosie-artikel]

Dit is weer tyd om daardie kreatiewe skryftalent los te laat en in te skryf vir die “Ken jou storie”-kinderboekskryfkompetisie.

Ná die ongelooflike groot sukses van 2017 se skryfkompetisie, het Aros in samewerking met Pretoria FM besluit om die kompetisie weer in 2018 aan te bied. Die goeie nuus is dat die kompetisie ook gaan plek maak vir ʼn addisionele ouderdomsgroep.

Daar kan ingeskryf word in een van die volgende kategorieë:

  • Ouderdom 4 tot 6 jaar
  • Ouderdom 7 tot 9 jaar
  • Ouderdom 10 tot 12 jaar

Daar is groot pryse op die spel vir die drie kategoriewenners. Nie net word elke wenner se boek gepubliseer nie, maar stap elkeen ook weg met ʼn kontantprys van R8 000. Die naaswenners kry elk R2 000. Die wenners sal 2 November op Pretoria FM aangekondig word.

Hoe om in te skryf:

Jy kan nou gaan inskryf. Die inskrywings sluit op 28 September. Vir meer inligting, die jongste nuus en hoe om in te skryf besoek gerus hul webwerf.

Luister ook vanaf 19 April elke Donderdag om 10:30 op PretoriaFM vir insiggewende gesprekke rondom die skryf van kinderboeke, illustrasies van kinderboeke asook kinderontwikkeling en die belangrikheid van lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.