Wen: Maak potjielesse maklik met dié prettige boek

potjieles-boek

Kenners meen een maklike manier om kinders aan die nuwe idee van potjielesse voor te stel, is om vir hulle boekies daaroor te lees. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Selfstandige toiletmaniere is ʼn reusemylpaal in enige kleuter se lewe. Dit verg wilskrag en selfvertroue van ʼn kind terwyl ouers sakke vol geduld en aanmoediging moet gebruik om ʼn sukses van potjielesse te maak.

Kenners meen een maklike manier om kinders aan die nuwe idee van potjielesse voor te stel, is om vir hulle boekies te lees daaroor.

Sally Lloyd-Jones, die skrywer van topverkoperkinderboeke, se Op die potjie, gou! is een van hierdie boeke wat ouers kan gebruik in hul gereedskapkissie om potjielesse interessant en prettig te maak.

In dié boek is dit nie net hasie wat op pad is na die potjie nie, selfs ʼn ballerina olifant en kangaroe is deel van die groep. In die rymende potjieboek word almal na die potjiepartytjie uitgenooi, insluitende die jong lesertjie deur ʼn spieël op die laaste bladsy van die boek.

Elsa Silke het die pragtige Afrikaanse rymvertaling verskaf en Anita Jeram het die klassieke illustrasies gedoen.

Uitgewer: Human & Rousseau

Prys: R150*

*Prys onderworpe aan verandering

  • Kom luister ook saam na Mila Guy se voorlesing van die boek boaan hierdie berig.

Die wenners is:

Baie geluk aan Roxanne van Staden van Brakpan, Leoni Klingenberg van Pretoria en Deserisé Cocklin-Viljoen van Stilfontein wat die wenners van hierdie kompetisie is. Julle geskenkpakkies word binnekort uitgestuur.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.