Wen: ʼn Verhaal van ware vriendskap

mnr-slym-kompetisie

Maroela Media en Tafelberg se geskenkpakkie bevat ‘n ‘Wie’s jy Mnr. Slym’ prenteboek, boekmerk, borsspeldjie en plakker. Foto: Verskaf.

Morné is die maatjie wat altyd eenkant op die speelterrein sit terwyl die ander maats heerlik speel.

Hy word net ál meer hartseer en eensaam, maar sy verbeeldingsmaat, Mnr. Slym, sien dit raak en beraam ʼn plan om hom weer gelukkig te maak. Vriende moet mos daar wees vir mekaar!

Wie’s jy, Mnr. Slym? is ʼn eenvoudige verhaal met ʼn belangrike tema: die waarde van goeie vriende – verbeeldings- én regte vriende.

Kinders tussen een en ses jaar sal aanklank vind by die verbeeldingryke illustrasies wat hulle moeiteloos op reis sal neem na die wêreld van Morné en Mnr. Slym.

Oor die skrywer:

Hierdie oulike prenteboek is geskryf deur Zanri Kritzinger. Kritzinger het grade in bemarking en uitgewerstudies aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het haar loopbaan as uitgewer by Via Afrika begin en sluit in 2012 by Oxford Suid-Afrika aan waar sy op projekte vir vroeëkinderontwikkeling fokus. Sy woon tans in Barcelona, Spanje.

Stephen Wallace, ʼn bekroonde illustreerder en grafiese kunstenaar, het die illustrasies vir dié boek gedoen. Sy vorige werksopdragte was van verskeie private maatskappye en in die uitgewersbedryf het hy vantevore met MacMillan, Via Afrika, OUP en Lapa saamgewerk.

Wallace is bekroon met ʼn ATKV-woordveertjie vir sy illustrasie in Jaco Jacobs se boek My ouma is ʼn film-ster.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R155
*Prys onderhewig aan verandering

Wen

Drie lesers kan ʼn geskenkpakkie met ʼn prenteboek, ʼn boekmerk met ʼn getoetste veilige slymresep, ʼn borsspeld en plakker van Mnr. Slym wen. Die kompetisie sluit Vrydag 26 Oktober om 10:00.

Die wenners is:

Baie geluk aan Retha Gibbon van Ermelo, Jireh Barnard van Heidelberg en Azelle van Zyl van Wellington wat die wenners van hierdie kompetisie is. Julle geskenkpakkies is in die pos.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Ek neem aan elke liewe kompetisie deel maar wen nooit iets nie.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Jan

Baie dankie dat jy so ʼn lojale leser en ondersteuner is!
Ons is jammer om te hoor dat jy nog nie ʼn wenner was nie.
Die goeie nuus is dat Maroela gereeld kompetisies aanbied, en jy het dus nog beslis kans om een van die gelukkige wenners te wees!
Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam op Maroela.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Debbie ·

Baie dankie aan Maroela Media. Julle hou ons behoorlik op hoogte van nuusgebeure, mooi gedagtes, lekker pret en kompetisies. Julle is great!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.