[Wen] Storieboek span sielkunde in om kinders te laat slaap

DIe hasie wat aan die slaap wou raak. Foto: Verskaf

DIe hasie wat aan die slaap wou raak. Foto: Verskaf

Skop jou kinders ook teë wanneer dit slaaptyd raak? Die gewilde televisie-aanbieder en sanger Jak de Priester lees in ʼn skattige video op YouTube voor uit die boek Die hasie wat aan die slaap wou raak. Dié boek bevat verskeie sielkundige tegnieke wat jy kan gebruik om jou kinders te laat slaap.

Die boek, geskryf deur Carl-Johan Forssén Ehrlin, is geskryf met die doel om kinders rustig en aan die slaap te sus. Die storie handel oor ʼn vaak hasie wat nie kan slaap nie en dié se ma wat hom na Oom Gaap neem vir raad.

Spesiaal gestruktureerde sinne en woordkeuses met instruksies vir die ouers hoe om dit voor te lees en die aksies uit te voer, verseker dat jou kind in ʼn japtrap in droomland is.

Die boek is reeds ʼn topverkoper op Amazon in vyf verskillende gebiede en het meer as 35 000 eksemplare in een week verkoop.

Forssén Ehrlin is bekend vir sy werk as skrywer, afrigter en openbare spreker.

Let wel: Die kompetisie is gesluit. Vyf lesers kan elk ʼn eksemplaar van Die hasie wat aan die slaap wou raak wen. Om deel te neem aan die Maroela Media en NB Uitgewers kompetisie, stuur vir ons watter slaapstories jy vir jou kinders vertel na [email protected], met jou kontaknommer en posadres. Die kompetisie sluit 24 Februarie.

Uitgewers: Human & Rousseau

Prys: R125

Kyk na die video hoe Jak vir sy seun uit die boek voorlees. Kyk net hoe vinnig is die kalant in droomland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.