Wêreld Renoster Dag en Stryd in die bos

Stryd in die bos deur Johan Fourie is fiksie maar gegrond op werklike situasies. In die jaar 2010 is 333 renosters in Suid-Afrika deur stropers vernietig en in 2011 is daar teen Augustus alreeds meer as 290 renosters gestroop. Dis die hartverskeurende werklikheid en gebeure waaraan Johan Fourie in sy boek Stryd in die bos ʼn stem gee.

Stryd in die bos verskyn kort na Wêreld Renoster Dag wat op 22 September gehou word. Wêreld Renoster Dag is ʼn internasionale veldtog wat deur die WWF begin is. Op dié dag word mense versoek om hulle vuvuzela’s te blaas of toeters te druk en soveel as moontlik geraas te probeer maak om 13:00 die middag. Dit is ʼn simboliese gebaar om ʼn duidelike boodskap te stuur aan wêreldleiers dat dit nou die tyd is om op te tree teen renosterstropery.

Kyk gerus op die Saving Rhinos Facebook-blad vir meer inligting.

Plan om renosters te red

’n Helikopter kom laag oor die bosse aangevlieg. ’n Skoot klap. Die renosterkoei steier….
Só lui die woorde waarmee Johan Fourie die werk van wildstropers beskryf in sy nuwe boek Stryd in die Bos. Dit is fiksie, maar Fourie sê dit is gegrond op baie jare se ervaring en werklike situasies. “Ek dink van die karakters in my boek gaan hulself herken. Ek hoop dit laat hulle sleg voel.” Van die ongure karakters het hierdie natuurman meer te wete gekom terwyl hy in die Noord-Kaap gehelp het in die stryd teen wildstropers.

Lees die volledige berig in Die Burger

R10 van elke boek wat verkoop word gaan aan die Stop Rhino Poaching Fund.

Lees meer oor Stryd in die bos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.