Werfsonde

Kleinboer

Ná sy opspraakwekkende en bekroonde debuutroman, kom Kleinboer nou vorendag met ‘n opwindende nuwe roman.

Werfsonde sit die verhaal voort van die laaste wit man in Yeoville. Die hoofkarakter, ‘n Afrikanerman, woon saam met sy Zoeloe-vrou Lungi en haar seun Jomo in ‘n grinterige en snelveranderde Johannesburg, tussen die stad se nuwe inwoners van regoor Afrika.

Hierdie rou verslag van ‘n onkonvensionele gesinslewe, seks in agterstraatbordele en lang aande van drink bied om die beurt atire, sosiale kommentaar en die boeiende uitbeelding van ‘n buitengewone – en vir meeste wit middelklas Suid-Afrikaners ‘n haas ondenkbare – soort bestaan.

Sit is snaaks, poëties, kompulsief en roerend: ‘n eerlike en merkwaardige blik op die uitkerf van ‘n lewe in ‘n wêreld in oorgang.

Oor die outeur: 
Kleinboer ontvang in 2004 die Jan Rabie Rapport-prys vir sy debuutwerk, Kontrei. Hy is in 1956 op die Oos-Rand gebore en het in Kemptonpark grootgeword. Na jar as rekenaarprogrammeerder en stelseladministrateur het hy taalversorging vir ‘n landboutydskrif gedoen. Hy werk tans as subredakteur by ‘n dagblad en woon in Yeoville.

Uitgewer: Umuzi
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.