Wie het Tannie Frieda opgevreet?

Sean Taylor

Illustreerder: Hannah Shaw
Vertaler: Shané Kleyn

’n Klein chinchilla gaan kuier graag by Tannie Frieda, maar daar is gevaar in die lug by die woonstelblok waar sy woon … Op ’n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan uitsit het nie …

Oor die outeur
Sean Taylor is ’n skrywer, storieverteller en onderwyser wat op drie kontinente kreatiewe skryfkunde aangebied het. Sy boeke sluit in: The Great Snake, Purple Class and the Skelington, Purple Class and the Flying Spider, Crocodiles Are the Best Animals of All en die veel bekroonde When a Monster is Born.

Oor die illustreerder
Hannah Shaw het ’n BA in Illustrasie aan die Brighton Universiteit verwerf. Sedertdien werk sy as vryskut-illustreerder en grafiese ontwerper. Haar boeke sluit in: Evil Weasel, wat die Cambridgeshire kinderboekprys in 2009 gewen het, en Crocodiles are the Best Animals of All met Sean Taylor vir Frances Lincoln.

• Die storie is humoristies en propvol avontuur – perfek vir selflees en voorlees.
• Die vertaler is beskikbaar vir optredes.

Uitgewer: Protea
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.