Word stil voor God

Sukkel jy met jou gebedslewe? Voel jy soms dat “gebed nie werk nie”? Wat mense dikwels nie besef nie, is dat ons ons gebede wil laat fokus op ons eie wil, en nie op God se wil nie. Want anders as wat ’n mens so dikwels wil glo, is gebed nié om ons versoeke elke dag soos ’n kruidenierswarelysie vir God af te rammel nie. Gebed – ware gebed – is om te luister na God se stem. In Word stil voor God stel Marius Nel en Andries Enslin jou bekend aan die gebedspraktyk wat deur die woestynvaders ontwikkel is, naamlik: lees in die teenwoordigheid van God die Skrifgedeelte, bepeins
daaroor sodat jy kan sien wat God vir jou wil wys; reageer in gebed wanneer jy sy stem hoor; en rus in die Here totdat jy weet wat Hy van jou vra.

Stap in Word stil voor God in 40 dae saam met die skrywers op hierdie pad van stil-word, en ervaar ’n dieper, meer vervullende gebedslewe.

Oor die outeurs
Marius Nel is buitengewone mede-professor aan die Fakulteit Teologie van die Noordwes- Universiteit, Potchefstroom. Hy het Wat sê die Bybel oor … saamgestel en is medewerker van Die Boodskap, Die Bybel A-Z, Die Multivertaling Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, en mederedakteur van Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar.

Andries Enslin is stigter en predikant van Alberton Lewensentrum, ’n gemeente met 6 000 lidmate wat elf jaar gelede met 14 sellede begin het. Die gemeente se visie is om God en mens liewer te hê. Andries se passie en navorsing handel oor die verskillende fases van die mens se verhouding met God. Hy het sy honneursgraad in teologie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Hy is getroud met Vikki en hulle het ’n dogter en twee seuns.

Uitgewer: CUM
Prys: R99,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
J Meiring

Andries Enslin is maar net soos sy mentor , Joel Osteen op `n vreemde pad, beslis nie die ware weg van GOD in Christus Jesus nie. Nog `n tragedie !

H J Bester

Ons luister gereeld na Andries Enslin se preke vanuit die Albertonse Lewensentrum en vind die boodskappe baie verkwikkend. Dis byderwets en toepaslik in vergelyking met die streng dogmatiese preke van predikante van byvoorbeeld die Ned Hervormde & Gereformeede Kerke wat nie heeltemal rekening hou met die leefstyl, siening en blootstelling van die moderne Suid-Afrikaners nie. Dis asof laasgenoemde Kerke agter geraak het by die hedendaagse tyd en verwagtinge van die mense. Hierdie Kerke praat nie regtig meer ‘n eietydse taal wat die mense verstaan nie. Is dit dalk die rede waarom die Susterskerke duisende lidmate gedurende die jongste jare verloor… Lees meer »

J Meiring

Aan HJ Bester. Ek glo nie dat die sogenaamde 3 hoof afrikaanse susters kerke leeg loop agv streng dogmatiese preke nie, maar eerder by gebrek daaraan. Hierdie 3 kerke volg geloofs beleidenisse wat streng vanuit die valse Calvinistiese leer saamgeflans is. Dit wil voorkom asof Martin Luther die kerk wou losmaak van die Katolieke leer en Johannes Calvyn dit weer op sy beurt weer daarin wou hervestig. Geen ware gelowige kan onverwylt voortploeter en vashou aan `n geloof wat jy nie eens kan verstaan of met die Bybel kan vereenselwig nie. As jy vrae daaroor het, glo net dit is… Lees meer »

C J Gunter

Hoe kan J Meiring sê dat Andries Enslin op ‘n vreemde pad is en dat dit ‘n tragedie is, en dit sonder enige motivering. Dit is ‘n skande. Ek kan geen mens vereer nie, dus ook nie Andries Enslin nie. Die Bybel sê immers in Mattheus 23 dat mens iemand nie ‘n “Leier” mag noem nie en die woord “Dominee” beteken juis “Geestelike leier”, so dit is dus sonde om ‘n predikant as Dominee aan te spreek. Gedurende baie jare in die NG Kerk het ek nooit een keer ‘n predikant oor sy eie lewe hoor getuig nie en oor… Lees meer »

Petro le Roux

Hallo aan Almal Wat is fout? Hoekom al hierdie kritiek en vrae? Wat gaan met onse mensdom aan? Waaroor al hierdie dwarstrekkery? Laat ons terug gaan na die basiese christelike beginsels mense en vereenselwig ons daarmee! Laat ons ander mense uit los kom ons kyk na onsself en kry onsself in orde. Kom ons luister met oop ore na die Woord van God kom ons lees met n oop gemoed die Woord van God en ons sal die boodskap kry. As ons dan nie verstaan wat die Bybel se of wat Ds Enslin vir ons vertel nie dan is dit… Lees meer »