Word stil voor God

Sukkel jy met jou gebedslewe? Voel jy soms dat “gebed nie werk nie”? Wat mense dikwels nie besef nie, is dat ons ons gebede wil laat fokus op ons eie wil, en nie op God se wil nie. Want anders as wat ’n mens so dikwels wil glo, is gebed nié om ons versoeke elke dag soos ’n kruidenierswarelysie vir God af te rammel nie. Gebed – ware gebed – is om te luister na God se stem. In Word stil voor God stel Marius Nel en Andries Enslin jou bekend aan die gebedspraktyk wat deur die woestynvaders ontwikkel is, naamlik: lees in die teenwoordigheid van God die Skrifgedeelte, bepeins
daaroor sodat jy kan sien wat God vir jou wil wys; reageer in gebed wanneer jy sy stem hoor; en rus in die Here totdat jy weet wat Hy van jou vra.

Stap in Word stil voor God in 40 dae saam met die skrywers op hierdie pad van stil-word, en ervaar ’n dieper, meer vervullende gebedslewe.

Oor die outeurs
Marius Nel is buitengewone mede-professor aan die Fakulteit Teologie van die Noordwes- Universiteit, Potchefstroom. Hy het Wat sê die Bybel oor … saamgestel en is medewerker van Die Boodskap, Die Bybel A-Z, Die Multivertaling Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, en mederedakteur van Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar.

Andries Enslin is stigter en predikant van Alberton Lewensentrum, ’n gemeente met 6 000 lidmate wat elf jaar gelede met 14 sellede begin het. Die gemeente se visie is om God en mens liewer te hê. Andries se passie en navorsing handel oor die verskillende fases van die mens se verhouding met God. Hy het sy honneursgraad in teologie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Hy is getroud met Vikki en hulle het ’n dogter en twee seuns.

Uitgewer: CUM
Prys: R99,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

J Meiring ·

Andries Enslin is maar net soos sy mentor , Joel Osteen op `n vreemde pad, beslis nie die ware weg van GOD in Christus Jesus nie. Nog `n tragedie !

H J Bester ·

Ons luister gereeld na Andries Enslin se preke vanuit die Albertonse Lewensentrum en vind die boodskappe baie verkwikkend. Dis byderwets en toepaslik in vergelyking met die streng dogmatiese preke van predikante van byvoorbeeld die Ned Hervormde & Gereformeede Kerke wat nie heeltemal rekening hou met die leefstyl, siening en blootstelling van die moderne Suid-Afrikaners nie. Dis asof laasgenoemde Kerke agter geraak het by die hedendaagse tyd en verwagtinge van die mense. Hierdie Kerke praat nie regtig meer ‘n eietydse taal wat die mense verstaan nie. Is dit dalk die rede waarom die Susterskerke duisende lidmate gedurende die jongste jare verloor het ?

J Meiring ·

Aan HJ Bester. Ek glo nie dat die sogenaamde 3 hoof afrikaanse susters kerke leeg loop agv streng dogmatiese preke nie, maar eerder by gebrek daaraan. Hierdie 3 kerke volg geloofs beleidenisse wat streng vanuit die valse Calvinistiese leer saamgeflans is. Dit wil voorkom asof Martin Luther die kerk wou losmaak van die Katolieke leer en Johannes Calvyn dit weer op sy beurt weer daarin wou hervestig. Geen ware gelowige kan onverwylt voortploeter en vashou aan `n geloof wat jy nie eens kan verstaan of met die Bybel kan vereenselwig nie. As jy vrae daaroor het, glo net dit is die waarheid soos ONS vir jou voorsê. As jy dit nie so aanvaar nie bv. die doopkwessie wat na al die jare nog steeds in debatvoering is, word jy gewaarsku en met sensuur of lidmaatskap beeindiging gedreig. Menigte lidmaat kan getuig hiervan. Lees maar gerus die sewe gemeentes in Openbaring. Daardie gelowiges was nog vars in kontak met leer van die Apostels en hulle het alreeds begin afdwaal. Die kleinste en armoedigste van die sewe gemeentes het alleen goedkering vanuit Jesus se mond ontvang. Van Jesus se volgelinge, direk in kontak met HOM , het reeds al toe gevind dat SY leer te hard is en dat hulle nie meer daarna kan luister nie. Hoe lyk dit nou 2000 jaar later, meskien beter? Nee glad nie, juis die teenoorgestelde want Jesus sê
op `n ander plek,” sal EK nog geloof vind op die aarde met My terrugkeer”. Al die hedendaagse verkwikkende preke, leefstyl, sienings, blootgestelde moderne Suid Afrikaners met `n eietydse taal gaan jou absoluut niks help teen die tyd as die Bruidegom kom om sy bruid, die ware kerk te kom haal nie. Die gelykenis van die tien maagde getuig daarvan,. Vyf was gereed en vyf nie.

1Ti 6:3 As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,
1Ti 6:4 dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,

1Co 15:1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
1Co 15:2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.

Vra jou Dominee of Pastoor om asb te probeer om eerder Bybelse dogma as wereldse sielkundige dogma te verkondig.

C J Gunter ·

Hoe kan J Meiring sê dat Andries Enslin op ‘n vreemde pad is en dat dit ‘n tragedie is, en dit sonder enige motivering. Dit is ‘n skande. Ek kan geen mens vereer nie, dus ook nie Andries Enslin nie. Die Bybel sê immers in Mattheus 23 dat mens iemand nie ‘n “Leier” mag noem nie en die woord “Dominee” beteken juis “Geestelike leier”, so dit is dus sonde om ‘n predikant as Dominee aan te spreek. Gedurende baie jare in die NG Kerk het ek nooit een keer ‘n predikant oor sy eie lewe hoor getuig nie en oor wat God en Christus in sy lewe beteken. Hulle is dus gladnie oortuigend nie. Andries Enslin getuig vryelik oor wat God en Christus in sy lewe beteken. So, dit is ‘n skreiende skande om te sê dat hy op ‘n “vreemde” pad is.

Petro le Roux ·

Hallo aan Almal
Wat is fout? Hoekom al hierdie kritiek en vrae? Wat gaan met onse mensdom aan? Waaroor al hierdie dwarstrekkery? Laat ons terug gaan na die basiese christelike beginsels mense en vereenselwig ons daarmee! Laat ons ander mense uit los kom ons kyk na onsself en kry onsself in orde. Kom ons luister met oop ore na die Woord van God kom ons lees met n oop gemoed die Woord van God en ons sal die boodskap kry. As ons dan nie verstaan wat die Bybel se of wat Ds Enslin vir ons vertel nie dan is dit hoogtyd dat ons werk maak van ons onkunde van die Bybel.
Die lewe is baie kort mense kom ons hou op met die arrrogante woord speletjies, kritiek op ieder en elk en laat ons nederig raak voor God die Almagtige Vader en onsself voor Hom verootmoedig.
Ons is almal maar baie nietige mense.

E Pieterse ·

As J Meiring so oortuig is dat Andries Enslin op die “verkeerdeg weg” is waarom doen hy dan al die moeite om na sy verkeerde preke te luister. Miskien moet hy/sy liewer probeer om minder van Andries se foute raak te sien en sy energie gebruik om Andries se te ondersteun met die ongelooflike werk wat hy verrig.

Charlene Ferreira ·

Boodskap aan J Meiring en Andries

Ek glo ‘n mens hoef nie eers ‘n woord te sê as dit kom by jou christenskap nie, jou dade getuig daarvan. En ek moet sê vir Andries kyk ek op tv elke sondag, ini oggend of in die aand. Hy is die 2de persoon wat ek kan sien dat Jesus deur hom straal sonder dat hy ‘n woord hoef te sê. So, hy of niemand hoef hom te verdedig nie, want Jesus doen dit reeds. Andries, elke keer as ek vir jou luister, is dit of God direk met my praat, want geen gelowige kan dit miskyk dat jy absoluut gestuur is en geinspireer is deur die Heilige Gees. Elke preek praat jy met soveel pasie. Ek dank God dat Hy jou gestuur het om ons te help daar waar ons geeslik val, maak ons oë oop waar dit nodig is ens ens. Ai en nog ‘n ding, J Meiring, ‘n christen praat moes nie sleg van ander nie, al stem jy nie saam nie, as ‘n mens nie ‘n mooi woord vir ander het nie, dan is dit mos beter om eerder stil te wees, en sien dit asb in die mooi gesindheid wat ek dit probeer oordra. Maak nie saak in watter kerk of watse manier jy God dien en loof nie, solank jou saak reg is, dis al wat tel, en die ‘n saak tussen jou en God.
Mooi dag vir jou J Meiring en mag jou jaar sommer vol seeninge wees.
Groete
Charlene Ferreira

Ben Biggs ·

Om aan Christus te behoort
Het u geweet- ʼn Gelowige persoon is nie noodwendig ʼn geredde persoon nie?
1Korinthiers 1,21-Want aangesien in die wysheid van God die wêreld (mense) deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.
Vraag;
Waarom moet ons gered word,en waarvan?
Génesis3; Deur die ongehoorsaamheid en begeerlikheid van Adam en Eva in die Paradys het daar skeiding gekom tussen God en die mens. As gevolg hiervan het die mens ñ sondige natuur geêrf en is gedoem om verlore te gaan.
Maar God het die mense wat Hy geskape het lief,(Johan3,16) en gee uit sy groot genade sy eniggebore Seun Jesus Christus, as offer om aan ʼn kruis te sterf sodat sy bloed daar gestort, tot vergewing van jou en my sondes kan dien.
1Timótheüs2,4-5 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense,die mens Christus Jesus.
———–
Daar is niks wat ons as mense kan bydra tot hierdie verlossingsdaad van God aan die mens nie.
Al wat van ons verwag word is om dit te glo en te aanvaar. Maar om dit te kan doen is dit noodsaaklik om die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig sou volg, en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig.
Die ewige lewe moet ons fokuspunt en einddoel wees.
———–
Nou ontstaan die vraag; is dit vir ʼn gelowige persoon moontlik om verseker te weet, hy of sy staan in die volkome geloof met God?
Volkome geloof kan in twee dele beskryf word:-Die een deel is om in algehele afhanklikheid en opregtheid in God te glo.
Die ander deel wat onlosmaaklik van die eerste deel is om ʼn volkome geloof te bewerkstellig, is om te ken in wie ons glo.
———–
Kom ons kyk na ʼn paar voorbeelde uit die Bybel.
Die verhaal van Korneliüs is veelseggend, Handelinge10; ons lees van hom dat sy wandel en handel voor God so opreg was dat sy gebede opgestyg het voor God. Sy een deel van die volkome geloof in God was in plek, maar die ander deel om te ken in wie hy glo het ontbreek.
Ons sien ʼn engel verskyn aan hom en sê hy moet vir Simon Petrus laat haal om hom te onderrig.
Wanneer Petrus vir Kornelius en sy mense die boodskap bring dat God in sy groot genade en liefde dit vir alle mense moontlik maak om gered te word volgens Johannes3,16;-Want so lief het God die wêreld gehad,dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê, en 1Johannes5,20;-En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus,Hy is die ware God en die ewige lewe, Galásiérs3,26-29 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is,het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie,daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Nou word die ander deel vir ʼn volkome geloof in God vir hom geopenbaar, en word hy in die Naam van Jesus Christus gedoop ,en is sy geloof volkome.
——————
Nog ʼn treffende voorbeeld is die verhaal van Paulus; Ons lees hy was ʼn yweraar vir God, hy was opgevoed in die strengste Joodse geloof, hy was vas oortuig daarvan dat wat hy gedoen het,nl om die Christen geloof uit te delg reg was. Sy geloof in God was opreg, maar die deel om te ken in wie hy moet glo het ook by hom ontbreek. Ons sien op die pad na Damaskus het hy ʼn ontmoeting met God. Hy vra wie is U Here?, en die Here antwoord hom, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nou kom die ander deel vir ʼn volkome geloof nl om te ken in wie hy moet glo in werking en sy geloof word volkome.
—————-
1Johannes3,2 Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
Johannes14,6;Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Johannes10,9;Ek is die deur; as iemand deur my ingaan,sal hy gered word,en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Dit is baie belangrik indien ons aan Christus wil behoort om in die volkome geloof te wandel.
Ons lees in Efêsiérs4,4-5;Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping. Een Here, een geloof, een doop. (God maak die reëls, nie ons nie)
—————–
In die eerste plek moet ons die bybel, as die Woord van God onbetwisbaar erken en aanvaar. Ons lees in 11Timóteüs 3,16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. En ʼn gedeelte uit die Skrif wat pragtig daarmee aansluit vind ons in Spreuke30,5&6 Elke woord van God is gelouter, Hy is ʼn skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as n leuenaar openbaar word nie. Ons vind ook ʼn vermaning in11Timóteüs 2,15 nl. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ʼn werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
————————-
Een Here;-Markus12,29 En Jesus antwoord hom. Die eerste van al die gebooie is; Hoor Israel, die Here,onse God is ʼn enige Here.
1Korinthiers12,3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ʼn vervloeking noem nie, en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Handelinge 9,5 En hy sê. Wie is U Here? En die Here antwoord. Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Filippense2,10&11 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Johannes14,6 Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Uit bogenoemde tekse is dit baie duidelik dat Jesus Christus die Here is.
—————–
Een Geloof;-Johannes 3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Johannes5,24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Johannes6,40&47 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Johannes12,44&45 En Jesus het uitgeroep en gesê. Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
Johannes10,30 Ek en die Vader is een.
1Johannes3,23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ʼn gebod gegee het.
1Johannes5,13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Johannes 3,18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
1Johannes5,20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die waaragtige te ken; en ons is in die waaragtige, in sy Seun,Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
Uit bogenoemde skrifte is dit ook duidelik dat alleenlik deur die geloof in die Seun van God nl Jesus Christus ons die ewige lewe deelagtig kan word, en nie veroordeel hoef te word nie.
——————-
Een Doop;- Mattheus28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Markus16,15&16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wéreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Die evangelie wat verkondig moet word is saamgevat in Johannes 3,16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
———-
Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê,gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word.Hy sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie.Nee, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap,en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe, gedagtes, woorde, en dade.)
Matthéüs13,11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle; Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken,maar aan hulle is dit nie gegee nie. Dit is die groot opdrag wat die Here Jesus Christus vir sy dissipels gegee het om uit te voer, net voor Hy opgevaar het na die hemel. Maar baie belangrik, nie uit hulle eie krag en verstand nie
———–.
Ons lees in Lukas24,45-49 Toe open Hy hulle verstand om die skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle. So is dit geskrywe,en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
Handelinge2,1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ʼn geluid soos van ʼn geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
———————
Indien daar ooit iemand was wat volkome toegerus was om die evangelie van God te verkondig, dan was dit verseker Jesus se dissipels. Ons het gelees, Hy het hulle verstand gegee om die ware God te ken.Hy het hulle verstand geopen om die skrifte te verstaan, en hulle was met die Heilige Gees gedoop wat die Gees van die waarheid is, en nie kan lieg nie. En nou sien ons begin hulle die opdrag van Jesus uitvoer, nl om die evangelie te verkondig
Ons lees in Handelinge2,37 van die eerste bekeerdes.Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê. Wat moet ons doen broeders? En luister net wat sê Petrus gevul met die Heilige Gees vir hulle.
Handelinge 2,38 En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot die geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Verder lees ons in Handelinge8,12,16 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue.(16) want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
En nou kom Paulus in Handelinge19 en ons lees hy het in Efese gekom en daar gelowiges gevind en hulle gevra. Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord. Met die doop van Johannes. Daar op sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vas staan.(Petrus-Filippus-Paulus)
————
Een Here: Die Here Jesus Christus.
Een geloof: Die geloof in die Here Jesus Christus, om die ewige lewe te beêrwe.
Een Doop: Die doop in die Naam van die Here Jesus Christus, tot vergewing van ons sonde
—————————— Nou ontstaan die vraag; Het die doop; die besnydenis as teken van die verbond van God met Abraham vervang?
Antwoord;-Die besnydenis as uiterlike teken ( van God se verbond met Abraham en sy nageslag as erfgename) word vervang en vervolmaak deur die geloof in Christus Jesus.
Jy word nie ʼn kind van God deur jou te laat doop nie.(op welke metode ookal)
Simon die towenaar is die bewys hiervan. (Handeling8,9-24)
Jy word alleenlik ʼn kind van God deur die geloof in Christus Jesus.(Galásiérs3,26)
Waar pas die doop dan in?
Die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, is deel van die proses om aan Christus te behoort.
————
(1)Glo;-Johannes3,16-Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,maar die ewige lewe kan hé.

(2)Aanneem;-Johannes 1,11-12-Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

(3)Bekering en doop;-Handelinge2,38-En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, (kom tot die geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

(4) Beklee;-Galásiérs3,27 want julle almal wat in Christus gedoop is het julle met Christus beklee.
Matthéüs22,11-12-En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ñ bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom; Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ñ bruilofskleed aan?En hy kon geen woord sê nie.

(5)Wedergeboorte;- Johan3,5 Jesus antwoord; Voorwaar,voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Titus3,5- nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
—————
1Korinthiérs15,22-23; Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms
Handelinge 4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Jeremia15,16 Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here almagtige God.
11Korinthiers2,14& Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Romeine16,16 E-pos [email protected]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.