Wraak

deur Daniëlle Bakhuis

Kristie was dolverlief op Henk die eerste oomblik toe sy hom gesien het. Maar intussen het haar oë oopgegaan, baie dankie. Sy is moeg vir die feit dat hy net aan homself dink. Moeg vir sy wit tandepastaglimlag wat glo sy handelsmerk is. Moeg vir Henk die Hunk wat glo hy maak alle meisies se knieë lam.

Toe sy hom afsê, besluit Henk om egter wraak te neem. Met ‘n video op YouTube. En ‘n onvleiende foto van Kristie daarby.

Eers is sy sak in as toe almal by die skool haar daaroor terg. Maar dan onthou sy van ‘n foto wat sy eenkeer van hóm geneem het, een waarmee sy hom kan terugkry.
Wat volg is ‘n reeks wraakpogings wat al hoe erger word…
Waar gaan dit eindig – en is wraak regtig altyd so soet.

Uitgewer: LAPA uitgewers
Prys: R110-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.