Zackie Mostert se groot grapboek

Jaco Jacobs

Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie … Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends … Die ondeunde Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om ‘n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou sal laat skater.

Klop-klop!
Wie’s daar?
Connie.
Connie wie?
Connie die deurklokkie bykom nie.

Wat eet katte vir ontbyt?
Mice Krispies

Hoekom het Anton (die boelie) op ‘n Vrydag gelag?
Iemand het Maandag vir hom ‘n grap vertel.

Die Reeks:

  1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsies
  2. Zackie Mostert en die (byna) baie briljante idee
  3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen
  4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar
  5. Zackie Mostert en die spokerige storie
  6. Zackie Mostert druk ‘n drie
  7. Zackie Mostert se groot grapboek

Oor die Outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenberg-prys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R60-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.