Borg ‘n woord en wen dalk R25 000

borg 'n woordOndersteun Afrikaans deur enige Afrikaanse woord by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal te borg en jy wen dalk R25 000.

Jy kan nog tot 27 Februarie kwalifiseer vir die trekking vir die Sanlam-prys van R25 000, al wat jy hoef te doen is om minstens een woord teen R100-00 te borg (hoe meer woorde jy borg, hoe groter is jou wenkans!). Die prystrekking vind op 13 Maart 2015 plaas.

Elke deelnemer ontvang boonop ‘n sertifikaat van die WAT met sy naam en die woord of woorde wat by geborg het.

Borgskappe van R5 000 per woord is eksklusief en niemand anders mag daardie woorde borg nie.

Die WAT het onlangs die tien woorde uitgesonder wat in 2014 op Suid-Afrikaners se lippe was: e-tol, ebola, pandemie, beurtkrag, feetjieliggies, banting/Banting, vuurpoel, hidrobreking, motorneuronsiekte en parlemonium.

Die Elektroniese WAT (A tot SKOOI) het teen die einde van 2014 beskikbaar geword. Klik hier vir die bestelvorms van al die produkte.

Klik hier om ‘n lys van woorde te sien wat reeds geborg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.