Die donkie is ‘n wonderlike ding

Het jy iemand donkiejare laas gesien of donkiejare laas iets gehoor?
Hierdie donkiejare is ‘n vertaling van ‘n flater wat reeds in die Engelse weergawe sit. Die uitdrukking lyk nou onlogies aangesien die jare van ‘n donkie nie noodwendig so lank is as wat ‘n mens sou dink nie.

In Engels is dit beslis donkey’s years, maar dit was oorspronklik as long as donkey’s ears, dus, so lank as die ore van die donkie. Dit het reeds daar verbrou geraak tot donkey’s years en ons het dit blindelings in Afrikaans vertaal.

Die donkie het oral in die Afrikaanse taal ingesluip.

As ‘n mens een maal iets ongeoorloofs gedoen en dit geniet het, is dit moeilik om dit nie weer te doen nie – in só ‘n geval gebruik ons die uitdrukking, “as ‘n donkie een keer groenvoer geëet het, is dit moeilik om hom daaruit te hou.

Iemand met ‘n hoë wit boordjie om sy keel lyk weer nes ‘n donkie wat oor ‘n wit kraalmuur loer.

En indien mens van ‘n onbeskofte persoon altyd slegte behandeling verwag? Dan sê ons: “van ‘n donkie kan jy ‘n skop verwag”.

Net ‘n donkie stamp hom twee keer teen dieselfde klip”, dra die betekenis dat net ‘n dom mens twee keer dieselfde fout sal begaan.

Ken jy nog donkie-uitdrukkings?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.