Maartmaand is sinoniem met woorde, van wêreldboekdag en die Woordfees, tot wêreldgedigtedag en wêreldteaterdag. Boeke, gedigte, liedjies, draaiboeke – elke dag om die skeppende krag van woorde te vier.
Aprilmaand is nasionale gedigtemaand in Amerika, en boonop is 23 April wêreldboek- en kopieregdag. Boeke, gedigte, liedjies, draaiboeke – elke dag om die skeppende krag van woorde te vier.
Ons het ʼn paar kreatiewe siele wat elke dag met woorde werk gevra wat vir hulle die mooiste woord in Afrikaans is:
Carel van der Merwe, skrywer: Sterrehemel
Leon van Nierop, skrywer, rolprentresensent: “Ek het ʼn woord “grieselgees” in Afrikaans geskep vir “spoke” of geeste wat jou bangmaak. Ek weet nie of dit ʼn erkende woord is nie, maar dit is my gunstelingwoord.”
Marita van der Vyver, skrywer: Kardoes
“Oor die klank, maar ook oor die outydse ekologies-vriendelike betekenis van die woord”.
De Klerk Oelofse, akteur: Paneelkissie
Henry-Jack Cloete, skrywer: Kwansuis
Morné Visser, akteur: Beeldskoon
Lize Beekman, sangeres, liedjieskrywer: Die eenvoudige eenvoud in die mooi van liefde … altyd liefde.
Greta Pietersen, aktrise: Wispelturig
Jaco Jacobs, skrywer: Holderstebolder
“Hierdie wilde, wonderlike woord klink so plesierig en propvol aksie dat dit sommer dadelik die rympiemaker in my wakker maak. Gʼn wonder nie dat ek dit op ʼn kol as die titel van een van my kleuterverseboeke gekies het: Holderstebolder: Rympies vir rakkers.”
Irma Venter, skrywer: “My woord is hardekwas, soos in harrekwas, want dit proe en sê so lekker. Dis een van daardie woorde waarvoor daar geen Engelse gelyke bestaan nie”.
In ‘n stokou woordeboek het ek eenkeer ‘n sinoniem vir koeksisters raakgelees naamlik “stroopstroppies”. Vir my baie meer beskrywend alhoewel koeksister nou maar die bekende naam is en so sal bly. Maar dink aan ‘n strop en dan dat dit vol stroop is – dit verduidelik mos mooi hoe die lekkerny lyk!
Vir my is die woord “koester” spesiaal.
“Voertsek” kan mens met emosie sê soos in geen ander taal nie.
Ek hou weer van vloermoer.. want dit klink sommer reg!!
Weliswaar ‘n anglisisme maar die woord “Flambojant” roer my onontdekte skrywersiel…
Braaibroodjie, spekvet, windpomp, edel, koester, koeksister en baie meer. Ek lief my taal.
Nou wel verouderd, maar ek hou baie van die woord ‘siebie’.
Afrikaans is ryk aan mooi woorde. Ek hou van “Waenhuiskraal”
Julle, wat van stortkop – dis mos ‘n absolute beskrywende woord – julle weet hoekom! ; D