‘Die pad na selfbestuur’: Misdaad kan met goue driehoek verslaan word

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging (Foto: Reint Dykema)

In die 31ste hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, ondersoek Flip Buys die oorsake wat daartoe gelei het dat Suid-Afrika se misdaadsyfers die hoogte ingeskiet het.

Hy kyk ook na wat die land én gemeenskappe te doen staan om die vlaag van misdaad wat die land teister te bowe te kom.

Buys begin hierdie hoofstuk deur die Amerikaanse veiligheidskenner Jeff Cooper soos volg aan te haal: “As geweldmisdaad gestop gaan word, is dit net die beoogde slagoffer wat dit kan doen. Die misdadiger vrees nie die polisie nie, en hy vrees ook nie die regter of jurie nie. Daarom moet hy geleer word om sy slagoffer te vrees.”

Hy gebruik die boonste aanhaling as grondslag vir sy argument dat misdaad slegs in toom gehou kan word wanneer daar ʼn vrees vir groter teengeweld onder die potensiële misdadigers bestaan.

Buys argumenteer dat Suid-Afrika se misdaadprobleem veral weens twee redes ontstaan het. Hy skryf onder meer dat die jare lange korrupsie in en wanbestuur van die polisiediens daartoe aanleiding gegee het dat misdadigers nie meer die polisie vrees nie. Buys stel dat daar tweedens ʼn soort vrywillige ontwapening onder die burgery begin plaasvind wat hulself nie meer bewapen nie en dus hierdeur weerloos laat.

(Grafika: Verskaf)

Wat is dan die oplossing?

Buys reken dat daar ʼn goue driehoek bestaan wat veilige samelewings oor die wêreld verseker. Hierdie goue driehoek bestaan uit ʼn polisiemag, doeltreffende privaat sekuriteit en ʼn goed georganiseerde burgery.

Hy skryf dat burgerlike betrokkenheid in veiligheid nie ʼn nuwe verskynsel is nie met Afrikaners wat hulself sedert die Voortrekkertyd nog altyd beskerm het deur vennootskappe met ander groepe in die land aan te gaan.

Luister hier na die volledige hoofstuk om veiligheid te verseker.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webwerf bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Privaat sekuriteit werk beslis in woongebiede omdat daar goeie besigheid sin maak. Op die Peri-urban gebiede en selfbestuur gebiede waar die bevolkings getalle laag is is dit georganiseerde burgery wat ondersteun word die polisie die oplossing. Die polisie is onder gesubsideer en gewoonlik nie baie gewillig om hard te werk nie.

annie ·

Hoekom moes die Voortrekkers hulself beskerm? Teen wie? En dit is die kruks van apartheid wat destyds natuurlikerwys begin het. Apartheid het ontwikkel agv die feit dat sekere mense ‘n bedreiging vir ander en hul eiendom ingehou het. Die bedreigdes moes hulself beskerm. Om later kwaad te wees dat hulle nie toegang het tot sekere gebiede nie kon opgelos gewees het deur selfbeheersing en respek vir ander te regte. Deesdae word aangevoer sekere mense regte aangetas en hul ontwikkeling benadeel is, is ‘n slinkse verdraaiing van die waarheid. En kyk net waar trek ons nou met die bordjies verhang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.